Soorte resepte:

Resep: Uiekoekies

(Foto: Pixabay)

Dié koekies meng jy in een mengbak. Niemand hou mos van baie skottelgoed nie!

Bestanddele

  • 125 ml ertjiemeel
  • 60 ml bruismeel
  • 5 ml sout
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml mosterdsaadjies (opsioneel)
  • genoeg water om ’n beslag te vorm
  • 3 middelslag uie
  • kookolie vir braai

Metode

  1. Sif die twee soorte meel, sout, bakpoeier en mosterdsaadjies saam in ’n mengbak.
  2. Voeg genoeg water by om ’n dik beslag te vorm.
  3. Skil die uie en sny in dik skywe.
  4. Verhit genoeg olie in ’n pan, doop die skywe ui in die beslag en braai tot goudbruin.
  5. Dreineer op kombuispapier en hou warm.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

wilma ·

Waar koop ‘n mens ertjiemeel? Wat noem jy dit in Engels – pea-flour? Winkelassistente kan nie help indien jy nie die Engelse beskrywing het nie. Dankie.

Dolla ·

Pea-flour…hi hi hie!!!! Hulle sal nie weet wat dit is nie!

wilma ·

Ai, Dolla, hoe lekker laat jy my nou lag. Niemand kan sê dat ek nie probeer om uit te vind waar jy dié meel kan kry nie.

Lindie ·

Jy sal dalk by Dischem of ander gesondheids winkels regkom.

Lourens ·

Dolla, almal is nie so oningelig soos jy (dink) nie.
Wilma, ertjiemeel is algemeen beskikbaar by baie ketting winkels. (By ons is Langebaan hou Checkers dit aan)

wilma ·

Dankie, Lourens. Ek sal by Checkers daarvoor kyk aangesien ek gereeld daar inkopies doen en ertjiemeel gereeld in resepte wat op MM verskyn, voorkom.

Louis ·

Soos ek nou opgelees het behoort dit chickea te wees in Engels. The chickpea or chick pea is a legume of the family Fabaceae, subfamily Faboideae. Its different types are variously known as gram or Bengal gram, garbanzo or garbanzo bean, and Egyptian pea. Its seeds are high in protein. Wikipedia

Stephanie ·

Ek sopas pea flour gesien by checkers nou kan ek nie die foto vir julle op laai nie…. Die maak is spice mecca

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.