Dié koekies meng jy in een mengbak. Niemand hou mos van baie skottelgoed nie!
Bestanddele
- 125 ml ertjiemeel
- 60 ml bruismeel
- 5 ml sout
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml mosterdsaadjies (opsioneel)
- genoeg water om ’n beslag te vorm
- 3 middelslag uie
- kookolie vir braai
Metode
- Sif die twee soorte meel, sout, bakpoeier en mosterdsaadjies saam in ’n mengbak.
- Voeg genoeg water by om ’n dik beslag te vorm.
- Skil die uie en sny in dik skywe.
- Verhit genoeg olie in ’n pan, doop die skywe ui in die beslag en braai tot goudbruin.
- Dreineer op kombuispapier en hou warm.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewers: Lapa
Waar koop ‘n mens ertjiemeel? Wat noem jy dit in Engels – pea-flour? Winkelassistente kan nie help indien jy nie die Engelse beskrywing het nie. Dankie.
Pea-flour…hi hi hie!!!! Hulle sal nie weet wat dit is nie!
ken dit as gram flour
Ai, Dolla, hoe lekker laat jy my nou lag. Niemand kan sê dat ek nie probeer om uit te vind waar jy dié meel kan kry nie.
Jy sal dalk by Dischem of ander gesondheids winkels regkom.
Dolla, almal is nie so oningelig soos jy (dink) nie.
Wilma, ertjiemeel is algemeen beskikbaar by baie ketting winkels. (By ons is Langebaan hou Checkers dit aan)
Dankie, Lourens. Ek sal by Checkers daarvoor kyk aangesien ek gereeld daar inkopies doen en ertjiemeel gereeld in resepte wat op MM verskyn, voorkom.
Probeer ook chillibyte mengsel. Chickpea meel…
Soos ek nou opgelees het behoort dit chickea te wees in Engels. The chickpea or chick pea is a legume of the family Fabaceae, subfamily Faboideae. Its different types are variously known as gram or Bengal gram, garbanzo or garbanzo bean, and Egyptian pea. Its seeds are high in protein. Wikipedia
Ek sopas pea flour gesien by checkers nou kan ek nie die foto vir julle op laai nie…. Die maak is spice mecca