Soorte resepte:

Resep: Vegetariese frikkadelle met suurroomsous

Vegetariese frikkadelle met suurroomsous (Foto: Lapa-uitgewers)

Selfs vleisliefhebbers sal van dié frikkadelle hou!

Genoeg vir 6-8 mense

Bestanddele

  • 1 e (15 ml) olyfolie
  • 1 e (15 ml) Clover Farmstyle-botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffel huisie, fyngedruk
  • 1 wortel, gerasper
  • 2 murgpampoentjies, gerasper
  • 5 sprietuie, fyngesny
  • 410 g blikkie botterbone of cannellini-bone, gedreineer en afgespoel
  • ¾ k (40 g) vars broodkrummels
  • 1 eiergeel
  • 2 e (30 ml) grondboonbotter
  • 1 t (5ml) rooi Thai-kerriepasta
  • 1 t (5 ml) gerasperde vars gemmer
  • 2 e (30 ml) gekapte vars koljanderbl
  • (125 ml) Clover White Cheddarkaas

SUURROOMSOUS

  • ½ k (125 ml) Clover-suurroom
  • 1 t (5 ml) fyngerasperde suurlemoenskil
  • 1 e (15 ml) fyngekapte grasuie
  • 1 e (15 ml) tahini-smeer
  • sout en varsgemaalde peper

Metode

  1. Verhit die olie en botter in ʼn pan en braai die uie en knoffel liggies vir 4-5 minute, of tot sag.
  2. Voeg die wortel, murgpampoentjies en sprietuie by. Braai vir 3-4 minute.
  3. Dreineer die mengsel vir 10 minute in ʼn vergiettes. Druk droog met kombuispapier om enige ekstra vog te verwyder.
  4. Gooi die boontjies in die bak van ʼn voedselverwerker en kap grof. Voeg die broodkrummels, eiergeel, grondboonbotter, kerriepasta, gemmer en koljander by. Meng deeglik en skep die mengsel in ʼn mengbak.
  5. Voeg die groente en kaas by en meng goed. Bedek jou hande met meel en vorm 6-8 frikkadelle en verkoel dit vir 20 minute.
  6. Rooster vir 2-3 minute aan ʼn kant op ʼn gesmeerde plat gietysterplaat op die braai of in ʼn braaipan tot goudbruin en bros.
  7. Bedien met die suurroomsous of op ʼn broodrolletjie met slaai­bestanddele.

SUURROOMSOUS:

  1. Kombineer al die bestanddele en geur na smaak.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frikkadel ·

JA, ‘n mens kry vegatariese frikkadelle; hierbo is die bewys. Die vleislose frikkadelle lyk heerlik!

Vegetaries ·

Jy sal verbaas wees hoe lekker vegetariese geregte daar is. Probeer dit gerus, en gaan lees ook sommer oor al die voordele wat dit vir jou inhou. Dankie vir die resep, ek gaan dit beslis probeer, kan nie wag nie.

SNEL ·

Hulle noem dit seker maar frikadelle in afrikaans, maar word falafel genoem in engels, maar dan is daar so ver ek weet geen dierepridukte in nie, vir vegans, so geen eiers of kaas of suurroom nie.

Resep ·

Klink soos vleislose biltong :))

(Dit lyk inderdaad heerlik, maar almal is gedurig so ernstig hier rond)

Nommies ·

Dit lyk heerlik en ek gaan dit verseker probeer! Dankie vir die resep

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.