Soorte resepte:

Resep: Vegetariese slaai

Vegetariese slaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 1 bos vars beet
  • 45 ml (3 e) olyfolie
  • 45 ml (3 e) balsamiese asyn
  • vars roosmaryn na smaak
  • 8 jong murgpampoentjies, dun gesny
  • 1 pakkie jong groenboontjies (string beans)
  • 1 pakkie soet ertjiepeule (sugar snaps)
  • 200 g (1 pak) jong spinasie
  • fetakaas of gorgonzola of bokmelkkaas (gekrummel)
  • 50 g (½ pakkie) gevlokte amandels

SLAAISOUS

  • 45 ml (3 e) suurlemoensap
  • 60 ml (4 e) olyfolie
  • 2,5 ml (½ t) Dijon-mosterd
  • 10 ml (2 t) sagte bruinsuiker of fruktose
  • knypie sout
  • knypie peper
  • 3 grasuie, gekap

Metode:

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Skil en sny beet in blokke. Plaas in oondpan.
  3. Voeg olyfolie, balsamiese asyn en roosmaryn by. Meng goed.
  4. Bedek oondpan met foelie en bak vir 40 tot 60 minute tot sag. Roer elke 20 minute. Jy moet beet met mes kan deursteek. Hou eenkant tot afgekoel.
  5. Voeg murgpampoentjies, groenboontjies, ertjiepeule en spinasie bymekaar en meng. Verdeel tussen opdienborde.
  6. Sprinkel beet, kaas en amandels bo-oor.

SLAAISOUS

  1. Plaas bestanddele in geskikte houer en skud tot goed gemeng.
  2. Bedien slaaisous apart saam met slaai.

Bron: Sterkos: Kook saam met die sterre

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.