Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Goue aartappels

Lochner de Kock (Foto: Skermgreep uit die video)

Lekkerder aartappels as hierdie gaan jy nie sommer kry nie! Én jy het nie eens ʼn mengbak nodig nie!

Bestanddele:

  • 4 aartappels, in kwarte gesny
  • sout en peper na smaak
  • 1 e olyfolie
  • kruie en speserye na smaak
  • ½ k mieliemeel

Metode:

  1. Kook die aartappels vooraf driekwart gaar met ’n bietjie borrie.
  2. Laat die aartappels afkoel en strooi sout en peper oor.
  3. Gebruik ʼn plastieksak en plaas die aartappels in die sak. Gooi ʼn bietjie olyfolie oor.
  4. Sprinkel kruie, speserye en mieliemeel in die sak en woel dit met jou hand deurmekaar.
  5. Gooi die aartappels uit op ʼn oondpan. Bak vir sowat 20 minute teen 200 °

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Dit is die…uh..em.. èrtappels wat my hierdie kliek laat kliek het. En Lochner want ek weet hy is ‘n baaskosmaker. As hy tog net wil leer dat die goete ertappels heet en niè aartappels soos hy dit roep nie! En ek waardeer sy inwydingswoorde want daar hoef nie vleis in my bord te wees nie, solank die ertappels pronk. Dankie Lochner, al wat ek nou moet doen is om die baas van die kebuis in kennis te stel dat èk more die chef gaan wees!

Allan ·

@Cherocee. In SA noem ns dit is Aartappels, gaan lees die landbouweekblad. Jy verwar dit seker met erdwurms

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.