Soorte resepte:

Heerlike Vadersdagete vir pa’s

Hier is ‘n heerlike ete wat julle Sondag met Vadersdag sommer gou aan mekaar kan slaan om die Pa in die huis mee te bederf! Ons is seker hy gaan sy lippe (en vingers) aflek. Klik telkens op die skakel om die resep te sien.

Gevulde sampioene met twee vulsels
BBQ-kortrib op die Koreaanse manier
Maklike gemmerbier

As julle te laat is met die gemmerbier, probeer gerus dié Mango- en Aarbei- en Piesangslapjantjie (of vervang dit met enige vrugte in seisoen!)

As julle boonop sy gunsteling komedie- of aksierolprent huur is julle verseker dat hy soos die “baas van die plaas” gaan voel!

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.