Soorte resepte:

Hier is die top-10 SA restaurante vir 2016

The Test Kitchen (Foto: Jan Ras)

The Test Kitchen (Foto: Jan Ras)

Suid-Afrika se tien beste restaurante vir 2016 is die afgelope naweek tydens die Eat Out Mercedes-Benz Restaurant-toekennings aangewys.

Moet egter nie verwag dat jy gewone franchise-restaurante op hierdie lysie gaan raakloop nie! Die meeste van dié restaurante is in die Wes-Kaap geleë en sal beslis ʼn ander soort ervaring vir jou smaakpalet bied.

  1. The Test Kitchen (Woodstock, Kaapstad)

Dié restaurant is vir die vyfde agtereenvolgende jaar in die topposisie en word besit deur Luke Dale-Roberts. Die restaurant het onlangs ʼn 21-gang-maaltyd op die spyskaart bekendgestel.

  1. La Colombe (Constantia, Kaapstad)

Die restaurant word besit deur Scot Kirton. La Colombe is ook die wenner van die 2016 Eat Out Nespresso Service Excellence-toekenning.

  1. The Restaurant at Waterkloof (Somerset-Wes)
The Tasting Room at Le Quartier Français (Foto: Jan Ras)

The Tasting Room at Le Quartier Français (Foto: Jan Ras)

Die restaurant word besit deur Gregory Czarnecki. Hy het ook die 2016 S. Pellegrino & Acqua Panna Sjef van die jaar-toekenning gewen.

  1. The Tasting Room at Le Quartier Français (Franschhoek)

Die eienaar, Margot Janse, is veral bekend daarvoor dat sy plaaslike bestanddele op unieke wyses gebruik. Die agt-gang-Afrika-spyskaart lok duisende toeriste en plaaslike inwoners per jaar.

  1. Restaurant Mosaic at The Orient (Elandsfontein, Pretoria)

Sjef Chantel Dartnall, ook die eienaar, is bekend vir disse wat nie maklik nageboots kan word nie. Haar botaniese kookkuns inspireer elke keer.

  1. Overture (Stellenbosch)

Die eienaar, Bertus Basson, is vanjaar weer terug onder die top-10 nadat hy nie in 2015 op die lys verskyn het nie. Die spyskaart is eenvoudig, maar met eksentrieke disse wat nie sommer op ander plekke beskikbaar is nie.

  1. Greenhouse (Constantia, Kaapstad)
The Restaurant at Waterkloof (Foto: Jan Ras)

The Restaurant at Waterkloof (Foto: Jan Ras)

Peter Tempelhoff, die eienaar, is veral bekend vir hoe die disse op die bord ten toon gestel word. Tempelhoff maak ook van bekende disse iets eksoties waarna honderde kritici jaarliks stroom.

  1. The Kitchen at Maison (Franschhoek)

Die eienaar, Arno Janse van Rensburg, is vanjaar vir die eerste keer op dié gesogte lys. Sy disse bevat baie inspirasie van Asië en Suid-Amerika. Daar is ook talle plaaslike disse wat treffers is.

  1. Foliage (Franschhoek)

Chris Erasmus is veral bekend vir sy kreatiewe en innoverende disse. Die kos is baie aards en die meeste disse het as basis wildekruie, sampioene en gesonde groen bestanddele.

  1. Camphors at Vergelegen (Somerset-Wes)

Michael Cooke kombineer sy disse perfek met die groot verskeidenheid wyne van die plaaslike wynplase. Cooke is bekend vir sy manier om met vars bestanddele te tower.

Vir meer inligting, besoek Eat Out se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ekwilibrium ·

Welgedaan julle! Hier in Bloem moet ons maar tevrede wees met Spur, Roman’s Pizza en Wimpy. Moet sê, nie een van hierdie borde lyk juis aptydwekkend nie…

anna ·

Ja-nee, dit is van daardie tipe restaurante waar jy by die naaste “vis-en-chips” winkel stop vir kos na jy n arm en been betaal het vir die peuselhappies. Ek hou ook dan liewer by die “massa produksie” eetplekke.

asmain ·

Ek stem saam! Daar is restaurante in Pretoria wat heerlike kos bedien (groot genoeg porsies) teen billike pryse!

E.K. - ek sê net! ·

Ek het al BAIE lekker in die Vrystaat geëet (Clementines in Clarens, LIEF hulle!) en heerlik in Gauteng (mal oor Silver Orange Bistro naby hartebeespoortdam – MAL oor hulle) en ja, hul sal seker nooit hierdie uitgelese lys haal want hul is dalk nou nie so deftig genoeg nie. Was darem al by Mosaic en ‘n vorige top tien reatuarant, nl Roots hier in Gauteng. By ‘n Spur kry jy my nie maklik nie -geen plek waar kinders rondhol en malgaan, jammer dis NIE vir my nie. Dis duur om goed uit te eet en ek dink nie ander se kinders is so oulik dat ek hul gille en gehollery moet verduur nie. To each his own, ek keer nie die wat soontoe wil gaan nie maar self sal ek nie.

Chris ·

Eienaardig, is daar nie restaurante anderkant die wyngordyn nie? Opvallend almal Kaapse restaurante. In Johannesburg, Pretoria, Bloemfontein en selfs in Durban is daar “goeie restuarante.. Die vraag by my is net, wat is ‘n “goeie restuarant”. Dit is soos kuns. Almal het nie dieselfde smaak nie maar om te veralgemeen glo ek is nie regverdig nie. Waaraan word ‘n goeie restaurant gemeet. Om snobwaarde aan ‘n restaurant te heg is nie aanvaarbaar nie.

Jorrie Jordaan ·

E.K.-ek sê net!…….enige Spur francise is ‘n gesins eetplek! Doen goeie besigheid en GEWILD!!!
En dan …….was jy nie ook ‘n kind nie?

Sê maar net!

suzaan vermeulen ·

Ek stem saam Jorrie, Spur is fantasties. Net jammer die Spur op die dorpie van ons is n nul op n kontrak. Jy is gelukkig as jy jou kos kry!!Gaan bv na die Spur op die lughawe wat erg besig is en jou kos kry jy binne 10 minute en dis lekker! en die kinders kan lekker speel en word opgepas, so ek stem dat hulle ook een van die bese restaurante is!

E.K. - ek sê net! ·

AI ou Jorrie – lees tog mooi. Ek sê DUIDELIK die wat daar wil gaan eet kan maar, maar ONS wil nie. Ek kan self ‘n steak en ander kos lekker maak, as ons gaan uiteet is dit dus ‘n geleentheid want dit kos geld en ek mors nie geld nie. Ek wil rustig en ontspanne eet sonder gillende rondhollende kidners, aaaklige musiek ens. Elkeen is vry om te doen soos hy wil. Ons werk bitter hard vir ons geld en is dus kieskeuig hoe ons dit spandeer. Vertsaan jy nie my laaste sin nie – ek herhaal dit vir jou: To each his own!

Magaretha ·

E.K Jys n mens na my hart. Ons voel net so oor die lawaai van kinders Kinders kan van kleins af geleer word om hulle te gedra. Ek en my man het een dag in n Spur op Parys geeet. n Klomp skoolkindertjies het ingekom en wat n pragtige gesig toe hulle hulself so mooi gedra het Stroopsoet gesit en eet en toe bietjie gaan speel. Dit was swart kindertjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.