Soorte resepte:

Hier is Gauteng en KwaZulu-Natal se beste alledaagse eetplekke

Al die wenners van die Eat Out Mercedes-Benz Best Everyday Eatery 2018 Awards (Foto: Verskaf)

Eat Out, die bekende webtuiste oor uiteet en eetplekke, het Dinsdagaand die beste alledaagse eetplekke in Gauteng en KwaZulu-Natal bekend gemaak.

Dié toekennings is daarop gemik om die restaurante te vier waar plaaslike mense die lekkerste biefstuk, tapas, koffie en meer in die hande kan kry.

Die wenners van elke kategorie is bepaal deur middel van resensies deur die publiek wat Eat Out ontvang het, asook deur professionele Eat Out-kritici. Die wenners van elke afdeling word gevolg deur ʼn eetplek wat hoog aanbeveel word.

Daar is slegs twee restaurante in KwaZulu-Natal wat toekennings ontvang het:

KwaZulu-Natal

Beste bistro: 9th Avenue Bistro (Morningside, Durban)

Beste koffiewinkel: Terbodore Coffee Roasters (KZN Middelland)

Gauteng spog met ʼn rits restaurante wat toekennings ontvang het:

Marmalade, Emmentalkaas en botter of plaasbrood (Foto: Instagram via Afroboer)

Gauteng

Beste bistro: Farro (Illovo, Johannesburg)

Hoog aanbeveel: The Green Peppercorn (Morningside, Johannesburg)

 

Beste koffiewinkel: Afro-Boer (Equestria, Pretoria)

Hoog aanbeveel: La Coco C (Silver Lakes, Pretoria)

 

Beste Italiaanse eetplek: Saint Restaurant (Sandton, Johannesburg)

Hoog aanbeveel: Gemelli, Bryanston

 

‘n Blomkooldis by Urbanologi (Foto: Instagram via. Urbanologi)

Beste Oosterse eetplek: Momo Soko (Illovo, Johannesburg)

Hoog aanbeveel: The Great Eastern Food Bar (Melville, Johannesburg)

 

Beste biefstukrestaurant: Wood & Fire (Nieu-Muckleneuk, Pretoria)

Hoog aanbeveel: The Local Grill (Parktown-Noord, Johannesburg)

 

Beste tapas-eetplek: Urbanologi (Ferreirasdorp, Johannesburg)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Njóttu matarins/ Lekker Eet/ Bon Appétit ·

Afroboer is ‘n wonderlike eetplek in Pretoria. Geluk ek is bly julle het gewen. Geluk ook aan die ander nominasies en wenners.

Ek is ook mal oor Hemelhijs in Kaapstad!! En die Damhuis Strand Restaurant, Muizenberg. Vir lekker alledaagse kos is die Cattle Baron in die Krugerwildtuin ook baie cool. Ook lekker om by die De Stijl Hotel, Gariep restaurant te eet en te kuier op pad Kaap toe! Magiese uitsig oor die Karoo veral snags.

Ai die M en die M ·

Die Damhuis is in Melkbosstrand en nie Muizenberg. Nie belangrik nie, in ieder geval geniet die naweek langs die braaivleisvuur ‘n lekker Suid-Afrikaanse Fynbos Gin met Pienk Tonic/Castel Laager/Amarula vanaf Phalaborwa reg langs die Wildtuin of ‘n Klippies en Coke. Lewe net. Daar is nog steeds baie lekker dinge te doen en uiters Cool plekke in Suid-Afrika.

Dankie Maroel Media vir lekker berigte ook. Ons kan immers nie heeldag depressief wees nie.

Henk du Plessis ·

Kan ons dalk ook die beste eet plekke kry waar honde welkom is in Gauteng?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.