Soorte resepte:

Hier is Gauteng en KZN se lekkerste eetplekke

Al die wenners van 2019 (Foto: Verskaf)

Eat Out het Dinsdagaand die beste alledaagse eetplekke in Gauteng en KwaZulu-Natal by ʼn toekenningsgeleentheid in Sandton aangewys.

Die Eat Out Mercedes Benz Everyday Eateries-toekennings word jaarliks aan restaurante toegeken wat vir mense goeie diens, heerlike kos en ʼn gemaklike atmosfeer bied.

“Dit is daardie eetplek waarheen jy keer op keer teruggaan omdat dit jou laat voel of jy by vriende gaan kuier,” het Adelle Horler, uitvoerende hoof van Eat Out, gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat dié restaurante gekies word deur ’n 50-50‑telling op te stel uit die publiek se resensies en die menings van Eat Out se paneel van kenners. Dinsdagaand is die wenners in Gauteng en KwaZulu-Natal aangekondig, en op 25 September sal die Wes-Kaap se beste eetplekke aangekondig word.

“Ons is mal daaroor dat die wenners van die toekennings grotendeels deur die klante van die restaurante bepaal word. Baie eer word aan fynproewer-restaurante gegee, maar ons moet ook die alledaagse eetplekke vier wat mense laat terugkom vir hul gunstelingdis wat hulle so goed ken. Só help ons jou dalk om restaurante in jou buurt op te spoor waarvan jy dalk nie eens geweet het nie!” het Horler gesê.

Hier is die wenners van die Eat Out Mercedes Benz Everyday Eateries-toekennings:

Gauteng

The Countess in Mellville het die prys gewen vir Beste burger-eetplek (Foto: Facebook)

Beste bistro

Wenner: Tin Roof Café, Mooiplaats

Hoogs aanbeveel: Douglas + Hale, Parktown North

Beste koffiewinkel

Wenner: Café Billi Bi, Modderfontein

Hoogs aanbeveel: Afro-boer, Die Wilgers

Beste burger-eetplek

Wenner: The Countess, Mellville

Beste biefstuk-eetplek

Wenner: Che Argentine Grill, Parkwood

Beste tapas-eetplek

Wenner: NGC, Randburg

Hoogs aanbeveel: Mix Cocktail Bar, Rosebank

Casa Bella in Montecasino het die prys gewen vir Beste Italiaanse eetplek (Foto: Facebook)

Beste Asiatiese eetplek

Wenner: Momo Kuro, Rosebank

Beste Italiaanse eetplek

Wenner: Casa Bella, Montecasino

Beste Meksikaanse eetplek

Wenner: J. Rabbit Tequileria, Sandton

 

KwaZulu-Natal

Beste koffiewinkel: Café Mayfair, Hillcrest

Beste burger-eetplek: Smokin’ Joe’s, Durban

Beste biefstuk-eetplek: Butcher Block, Umhlanga

Beste plattelandsestyl-eetplek: Oaklands Country Manor, Van Reenen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ferreira ·

Ek eet altyd by die Bosvelder ,of la pentola en was nog nooit teleurgesteld nie.

Anoniem ·

Ek verkies nog steeds Manie W se Tuis Kombuis teen ‘n fraksie van die prys en geen kurk fooie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.