Soorte resepte:

Hiér is SA se beste restaurante

Wortelkoek by The Chefs Table (Foto: Instagram)

Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer Eat Out sy benoemings vir Suid-Afrika se beste restaurante bekendmaak.

Vanjaar se tien top-restaurante in Suid-Afrika sal op 18 November by die Eat Out Mercedes-Benz-restaurantpryse by Grand West in Kaapstad aangewys word. Die restaurante wat benoem is, sal tydens die aand hul plekke van 20ste tot 11de beste in die land inneem, waarna die tien top-restaurante aangekondig sal word.

Die beste restaurant in Suid-Afrika sal dus heel laaste bekendgemaak word. Die wenners van hierdie toekennings word gekies deur ʼn paneel anonieme beoordelaars, met die bekende sjef Margot Janse as sameroeper.

Ander toekennings, soos sjef van die jaar, nuwe restaurant van die jaar, opkomende ster en beste wyndiens word ook by dié geleentheid uitgegee.

Eat Out se benoemings vir 30 beste restaurante in Suid-Afrika, in geen spesifiek volgorde, is:

Malvapoeding by Marble (Foto: Instagram)

Gauteng

  • Restaurant Mosaic at the Orient, Pretoria (Chantel Dartnall)
  • Femier Restaurant, Pretoria (Adriaan Maree)
  • Marble, Johannesburg (David Higgs)
  • DW Eleven 13, Johannesburg (Marthinus Ferreira)

Wes-Kaap

  • Greenhouse at the Cellars-Hohenort, Kaapstad (Peter Tempelhoff)
  • The Restaurant at Waterkloof, Somerset Wes (Gregory Czarnecki)
  • La Tête, Kaapstad (Giles Edwards)
  • The Test Kitchen, Woodstock (Luke Dale-Roberts)
  • Chefs Warehouse & Canteen, Kaapstad (Liam Tomlin)
  • Chefs Warehouse at Beau Constantia, Kaapstad (Liam Tomlin en Ivor Jones)
  • The Pot Luck Club, Woodstock (Luke Dale-Robert en Frederico Dias)
  • Stokvis, broccoli en calamari by Jordan Restaurant (Foto: Instagram)

    Wolfgat, Paternoster (Kobus van der Merwe)

  • Le Petite Colombe, Franschhoek (Scot Kirton en John Norris-Rogers)
  • La Colombe, Constantia (Scot Kirton en James Gaag)
  • Champhors at Vergelegen, Somerset Wes (Michael Cooke)
  • Foxcroft, Constantia (Scot Kirton en Glen Williams)
  • Jardine Restaurant, Stellenbosch (George Jardine)
  • Jordan Restaurant, Stellenbosch (George Jardine en Kyle Burn)
  • Le Coin Français, Franschhoek (Darren Badenhorst)
  • Overture, Stellenbosch (Bertus Basson)
  • The Shortmarket Club, Kaapstad (Luke Dale-Roberts en Wesley Randles)
  • The Werf Restaurant at Boschendal, Franschhoek (Christiaan Campbell)
  • Springfontein Eats, buite Hermanus (Jürgen Schneider)
  • Chefs Warehouse at Maison, buite Franschhoek (Liam Tomlin en David Schneider)
  • Thali, Kaapstad (Liam Tomlin en JP van der Haar)
  • Krapslaai met naartjie en dille by The Test Kitchen (Foto: Instagram)

    Nobu at One & Only, Kaapstad Waterfront (Harold Hurtada)

  • La Mouette, Seepunt (Henry Vigar)
  • Indochine, Stellenbosch (Virgil Kahn)
  • Foliage, Franschhoek (Chris Erasmus)

KwaZulu-Natal

  • The Chefs Table, Umhlanga (Kayla-Ann Osborn)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Willie ·

Ek het nog nie van een van die plekke gehoor nie… seker net fancy 5ster plekke wat R300 vra vir ‘n coke zero in a glas.

Steven ·

@ Willie: jy moet meer uitkom, mnr……hele paar vs restaurante tel onder die wêreld se bestes….

Thinus ·

FERMIER in Lynnwood is verseker een vd beste retaurante ooit!

E.K. die eerste ·

Komaan Vrystaat waar is julle dan? Daar moet tog mense daar wees wat goeie kos en diens waardeer?! So baie in die Weskaap – mooi so! Darem al by van die in Gaueng geëet en hulle hoort op die lys verseker.

Net jammer ·

…mense word selfs tot in die restaurant of in die parkeer area of op pad daarheen by die robot aangeval of beroof. Geensins meer lekker om iewers heen te gaan in die helhool nie. Eet maar liewer by die huis agter tralies, slot en grendel tot ons volgende jaar emigreer.

Katerina ·

Ag nee wat ek kan in my eie kombuis met vars goeie kwaliteit bestandele presies net sulke fyn en heerlike disse maak vir n fraksie van die prys. Met lekker wyn en n eet-jou- vingers-af nagereg ook. Tweede porsies ook vir die wat wil he. Lyk nou nie so “fancy” soos in die restaurante met al die tierlantyntjies nie maar net so smaaklik,glo my.

Leon ·

Waar is die kos wat mens moet eet? of betaal jy vir kunswerk wat bewonder moet word en as jy daar uitstap met groot rekening, moet jy kyk waar is die naaste kitskos restaurant om jou honger te stil
Kan julle nie maar lys van eetplekke doen wat gewone mense kan bekostig en wat wel kos bedien nie?

Nika ·

In Gauteng is daar baie beter plekke met beter pryse en lekkerder kos
Rocco Mamma’s
Summit Sky Bar (kos het n prys maar is lekker en dis groot porsies)
Ichiban by Rietfontien Pavilion vir die wat van lekker vars Sushi hou teen goeie prys
Cowfish in Hazelwood se kos is heerlik
Adlers vir die wat duitse smaak het en lief is vir varkvleis

WL ·

Leon, hulle het wel ‘n lys vir sulke bekostigbare restaurante ook, maar hierdie lys is om die beste van die beste hul erkenning te gee.

E.K. die eerste -kitskoslys? ·

Ag asb – die mense stroom mos na aaklige kitskosplekke so waarvoor so lys saamstel. Hierdie is restaurante vir mense wat goeie diens, mooi, netjiese restaurante met ‘n spesiale atmosfeer en uitstekende kos waardeer. Jy hoef nie daarvan te hou of te kan bekostig of te dink dis die moeite werd, dis vir ons wat wel doen. Ek eet veel eerder net een maal per maand uit by so kwaliteit plek wat vars VARS bestanddele gebruik, waar nie kinders rondhol en skree en aangaan en mens voel jy word bederf as wat ek 3 of meer kere kitsgoed eet. Eet julle maar daar en ons wat goeie dinge waardeer sal by hierdie plekke eet. Waarom dit kritiseer as jy in elk geval nie daar gaan eet nie?

GM van Rooyen ·

Ja-nee Leon, nes jy daar sê: jy betaal R800 vir kuns op ‘n bord!

WL ·

Maroelamedia, julle is baie snaaks. Die Thali restaurant wat die lys gehaal het is in Kaapstad, nie die een in Laudium (Centurion) nie.

Tania Heyns ·

Dagsê WL

Dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Leon ·

Aan E.K die eerste – kitskoslys?
Ek is ‘n gesinsman wat jy sekerlik nie is nie, so dankie, ek en my tipe gaan waar ons dit geniet, en nie waar my kinders nie welkom is nie. Ek wil ook gemaklik wees, en nie met suur gesig en stok in my xxx sit die hele tyd en wonder waar is die stokvis en calamari wat ek bestel het nie. Daar is verskil tussen goeie kos en kos maak wat goed lyk, maar die verskil sal jy nie ken nie,

Katerina ·

WL – Ek gee nie om of jy my glo of nie. Dink jy n mens Moet n gekwalifiseerde chef wees om heerlike eersteklas kos te kan maak? Wat n lawwe idee. Dit vat net 2 hande en n brein en n liefde vir kosmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.