Soorte resepte:

Híér is SA se beste slaghuise

Die nasionale wenners:
Van links na regs: Adriaan de Klerk (West End Vleismark, Kimberley); Marius Jordaan (Karaglen SuperSpar, Edenglen Johannesburg); Johanna Julies (Malmesbury SuperSpar); Frank Halewijn (Frank`s Meat Supply Retail City, Middelburg); Hendrik Steenkamp (Boma Vleismark, Moreleta Park) and Francois Rossouw (Impala Vleis, Brits). (Foto: Adell de Beer)

Die wenners van vanjaar se Cleaver-pryse, die pryse waarmee die beste slaghuise in Suid-Afrika jaarliks beloon word, is Donderdag tydens ʼn geleentheid by Emperors Palace in Johannesburg aangekondig.

Die Cleaver-pryse wys 14 jaar lank al die beste slaghuise in die land aan en word ondersteun deur die bekende slaghuisverskaffer Freddy Hirsch. Dié toekennings meet tot watter mate aan klante se verwagtinge voldoen word in terme van winkelhigiëne, die verskaffing van gehalte-versekerde Suid-Afrikaanse vleis, die vlak van bevoegdheid om die beste moontlike raad te gee oor die voorbereiding van die vleis en waarde vir geld.

Dewald Olivier, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging (Safa), het gesê dat slaghuise se standaarde noemenswaardig toegeneem het sedert die instelling van dié pryse in 2005.

“Terugvoer van klante toon ook dat die meerderheid glo die Cleaver-pryse is ʼn stempel van goedkeuring, veral omdat ʼn slaghuis nie homself kan inskryf nie – hulle moet benoem word deur hul klante,” het Olivier gesê.

Klante word aan die einde van elke jaar gevra om aanlyn te stem en om hul gunsteling-slaghuise te benoem. Die finaliste word daarna individueel en anoniem beoordeel deur middel van ʼn 212-punt-kontrolelys.

Vanjaar was daar ʼn rekordgetal van 40 000 benoemings.

Slaghuise is in drie kategorieë beoordeel:

  1. Slaghuise met drie en meer betaalpunte
  2. Slaghuise met drie of minder betaalpunte
  3. Supermark- of kosmarkslaghuise

 

Nasionale wenners

Drie en meer betaalpunte:

  1. Boma Vleismark, Moreleta Park (Platinum)
  2. Impala Vleis, Brits (Goud)

Drie betaalpunte of minder:

  1. West End Vleismark, Kimberley (Platinum)
  2. Frank’s Meat Supply Retail City, Middelburg (Goud)

Supermark- of kosmarkslaghuise:

  1. Malmesbury SuperSpar, Malmesbury (Platinum)
  2. Karaglen SuperSpar, Edenglen (Goud)

 

Gauteng

Drie en meer betaalpunte:

  1. Kings Meat Deli, Lynnwood Bridge (Platinum)
  2. Kings Meat Deli, Castle Walk, Erasmuskloof (Goud)

Drie betaalpunte of minder:

  1. Hokaai Meat, Gift Acres, Lynnwood (Platinum)
  2. Taste Butchery, Moreleta Park (Goud)

Supermark- of kosmarkslaghuise:

  1. Uitkyk Vleismark, Silverton (Platinum)
  2. Pick & Pay, Waverley (Goud)

 

Limpopo

Drie en meer betaalpunte:

  1. Vleislapa, Marshalstraat, Polokwane (Platinum)

 

Noordwes

Drie en meer betaalpunte:

  1. Goudkopslaghuis, Klerksdorp (Platinum)
  2. Vision Meat, Klerksdorp (Goud)

Drie betaalpunte of minder:

  1. Tristar Meat, Schweizer Reneke (Platinum)

 

Mpumalanga

Supermark- of kosmarkslaghuise:

  1. Malelane SuperSpar, Malelane (Platinum)
  2. Komatipoort SuperSpar (Goud)

 

Vrystaat

Drie en meer betaalpunte:

  1. Fredilia Meat, Welkom (Platinum)
  2. Power Meat Centre, Welkom (Goud)

 

Oos-Kaap

Drie en meer betaalpunte:

  1. Cuyler Butchery, Uitenhage (Platinum)

Supermark- of kosmarkslaghuise:

  1. Our Superspar, Walmer, Port Elizabeth (Platinum)
  2. Levyvale SuperSpar, Uitenhage (Goud)

 

Wes-Kaap

Drie betaalpunte of minder:

  1. Tollies Slaghuis, Hartenbos (Platinum)
  2. Akeru Butchery, Gordonsbaai (Goud)

Supermark- of kosmarkslaghuise:

  1. Oudtshoorn Spar, Oudtshoorn (Platinum)
  2. Protea Hoogte Spar, Brackenfell (Goud)

 

KwaZulu-Natal

Drie en meer betaalpunte:

  1. Longbury Meat Market, Phoenix (Platinum)

Drie betaalpunte of minder:

  1. Dirk’s Meat Market, Durban-Noord (Platinum)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Francois le Cochon ·

Ek sien Boksburg se Tops het ook nou ‘n Spar gekry. Wonder hoes hulle slaghuis

Dirk ·

Altwee het hulle sterk punte, King Deli se spare ribs, Boma se hoendervlerkies en wors.

Johan ·

Ek sien dis nie Franchises nie.Nee wat Lance van Meatworld in Rustenburg NW is tops.

ChrisE ·

Willem ek stem saam met jou. Ek weet nie veel van die beoordeling van slaghuise af nie. Maders is uniek in elke opsig. Dit is nie ‘n net slaghuis nie, dit is ‘n belewenis. Dit is soos ‘n bar/kroeg. Elke ou se kuierplek is die beste. As jy ook in ‘n plek pak gekry het sal jy nie sommer weer soontoe gaan nie.

Kiewiet ·

Frank’s is maar net tops. My famillie kry spesiaal hulle gunstelinge hier en ry teug Oos-Kaap toe met hulle vleis fondse. ????

Lizelda ·

Ek moet bieg Kiewiet ekt nog nooit n lekkerder steak as van Frank geeet nie. Die enetjie waarvan ek praat het n rooiwyn marinade. Al hoe ek hom kan beskskryf is d mes gly soos botter deur hom! Ek bly in Pretoria so Kings meat Lynnwood is my keuse!

sandra ·

Ek sien ook nie Eatwell in Ridgeworth, Bellville, op die lys nie… hulle bly tops vir my

Susan ·

Ek ken geen van daai slaghuise nie, maar Vaal Slaghuis in Vanderbijlpark maak die lekkerste biltong en droëwors wat ek nog ooit geëet het (en ek het al baie biltong geëet).

Linda ·

Hansie waarheen het Boma getrek,toe ek laas in Pretoria was wou ek van hulle sout en peper word koop, kom nie die slaghuis kry nie.

Mariette Ras ·

Boma is op die hoek van Rubenstein en Garsfontein by die Moreleta Plaza sentrum in Pretoria Oos.

HenkT ·

Dit is duidelik dat die Kapenaars nie vleiseters is nie. Alhoewel Malmesbury se Spar ‘n nasionale wenner was is daar nie een spesialis slaghuis in Kaapstad onder die wenners nie.
En dan verwys die Anglo-Sakse van hierdie wêreld na “anderkant die Boereworsgordyn”…
Wat jy waaaar kry?

Liezl ·

Liewe land ek weet nie waar hulle die slaghuise uitgekrap het nie, maar ons het TOP Slaghuise in die Wes Kaap en ons eet behoorlik vleis. Of wel…..dié wat dit nog kan bekostig????

cathy ·

Wel ek kan regtig UITKYK aanbeveel. EK koop sommer my maandelikse ander kos ook daar en ek kom altyd weg met baie minder betaal vir baie meer … Moeite werd! Welgedaan Uitkyk!

Lizelda ·

Uitkyk is gehalte vleis en jy kry alles onder een dak! Ek koop ook my maandvleis daar maar as ek my wil bederf koop ek n ietsie by Kingsmeat Lynnwood. En daars bja celebs wat ook daar koop!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.