Soorte resepte:

Internasionale toekenning vir Vergelegen-wynlandgoed

Vergelegen-wynlandgoed (Foto: Great Wine Capitals)

Vergelegen-wynlandgoed (Foto: Great Wine Capitals)

Vergelegen het Donderdag ʼn prys ontvang in die 2017 internasionale ‘Best Of Wine Tourism’-pryse geborg deur die Great Wine Capitals Global Network.

Die toekenningsgeleentheid is by die Sao Bento da Vitoria-klooster in Porto, Portugal gehou tydens ʼn galadinee aan die einde van die netwerk se algemene jaarvergadering.

Die Best Of Wine Tourism-toekennings dien vir die bedryf as ʼn maatstaf van uitnemendheid en gee erkenning aan toonaangewende wynmakerye en besighede in wyntoerisme in elke deelnemende wynstreek wat hulself onderskei in areas soos innovering, diens en volhoubare praktyke.

Die internasionale pryswenners is gekies uit die toppresteerders in elk van die deelnemende wynstreke. Daar was vanjaar 359 inskrywings en 59 streekwenners.

Die wenners van vanjaar se kompetisie is soos volg:

Adelaide | Suid-Australië – Seppeltsfield
Bilbao | Rioja – Bodegas y Viñedos de Páganos
Bordeaux – Château Marquis de Terme
Kaapstad | Kaapse Wynland – Vergelegen
Mainz | Rheinhessen – Rheinhessenvinothek
Mendoza – Zuccardi
Porto – Quinta do Bomfim
San Francisco |Napa Valley – Trefethen Family Vineyards
Valparaiso | Casablanca Valley – Portofino Restaurant

Die status van die ‘Best Of Wine Tourism’-toekennings neem sedert die instelling daarvan, van jaar tot jaar toe. Tot op datum het 3 845 ondernemings aan die kompetisie deelgeneem en was daar 59 plaaslike wenners.

Die Great Wine Capitals Global Network, wat in 1999 tot stand gekom het, is ʼn alliansie van tien internasionaal beroemde wynstreke – Adelaide, Australië; Bordeaux, Frankryk; Kaapstad |Kaapse Wynland, Suid-Afrika; Mainz|Rheinhessen, Duitsland; Mendoza, Argentinië; Porto, Portugal; Bilbao|Rioja, Spanje; San Francisco|Napa Valley, VSA, Verona, Italië, en Valparaiso|Casablanca-vallei, Chili.

Besoek Great Wine Capitals vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.