Soorte resepte:

Is jy Maroela Media se melktert-meester?

kombuis

Foto: Maroela Media

Daar is min goed wat so lekker is soos ʼn melktert, maar dié gebak staan altyd in die skadu van ander tradisionele lekkernye soos die koeksister.

Weg-tydskrif het ongeveer twee jaar gelede besluit dat dié nederige tert ʼn bietjie meer erkenning moet kry, en só is Melktertdag gebore.

Ter viering van Melktertdag op Saterdag, 27 Februarie, is Maroela Media op soek na die lekkerste melktertresep wat ons met die res van ons lesers kan deel.

As jy die melktert-koning of -koningin van jou dorp is, stuur jou resep en ʼn oulike foto waar jy self saam met jou melktert verskyn of waar mense aan jou melktert smul (opsioneel) na [email protected].

Die wenner ontvang met die komplimente van Lapa Uitgewers ʼn R500-geskenkbewys om op Lapa se webwerf te spandeer, en word amptelik aangewys as Maroela Media se Melktert-meester van 2016!

Ons sal die wenner en wenresep Maandag, 29 Februarie aankondig. Inskrywings sluit Sondagaand, 28 Februarie om 23:59.

Rol op daardie moue en gaan kry jou voorskoot gereed!

Lekker, Maroela!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.