Soorte resepte:

Klapperys

regLewer 16 groterige stukke

Bestanddele:
500 g suiker (625 ml) (2½ k)

125 ml melk ( ½ k)
250 g klapper (780 ml) (3 k + 2 e )
5 ml vanieljegeursel (1 t)
1 kremetart
Knypie sout
Paar druppels ‘cochenille’
(rooi voedselkleursel)

Metode:
1. Smeer ʼn pannetjie of bak van 20 x 20 x 5 cm
2. Verhit suiker en melk oor matige hitte in ʼn middelslag-kastrol met ʼn dik boom net totdat die mengsel opkook.
3. Verlaag hitte en kook 2 minute sonder deksel.
4. Haal van die stoof af, voeg klapper, vanieljegeursel, kremetart en sout by en klop vinnig tot goed gemeng.
5. Gooi helfte van die mengsel in die pannetjie en maak gelyk.
6. Roer ʼn paar druppels cochenille by res van mengsel om ʼn mooi ligpienk te verkry en smeer oor wit laag in pannetjie,terwyl nog warm.
7. Sny in blokkies en laat koud word.

Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.