Soorte resepte:

Klein Weskus-restaurant ‘beste ter wêreld’

Kobus van die Merwe ontvang die toekennning vir die beste restaurant ter wêreld (Foto: Instagram via World Restaurant Awards)

Die Wêreld Restaurant-toekennings is vanjaar vir die eerste keer aangebied om die beste restaurant ter wêreld te vereer, en ʼn klein Suid-Afrikaanse restaurant het dié prys voor al die ander internasionale restaurante weggeraap.

Dié toekennings is Maandag in Parys, Frankryk, uitgedeel. Maroela Media het vroeër berig dat die restaurant Wolfgat in die Weskusdorp Paternoster die kortlys gehaal het vir die beste Off-map”-bestemming.

Wolfgat, onder leiding van die befaamde sjef Kobus van der Merwe, is aangewys as die wenner in die “Off-map”-kategorie, maar is toe ook aan die skouspelagtige einde van die toekenningsgeleentheid aangewys as die restaurant van die jaar, berig Eat Out.

Van der Merwe was by die geleentheid in Parys en het die toekenning namens Wolfgat ontvang.

Wolfgat se uitsig (Foto: Instagram via. Wolfgat)

“Ek is baie trots om iets soos hierdie na ons vasteland en na ons pragtige land terug te bring. Ek is trots om saam met ʼn span te werk wat meestal uit vroue bestaan,” het Van der Merwe gesê toe hy die toekenning ontvang het.

Wolfgat, ʼn 20-sitplek-restaurant, is bekend vir sy volhoubare metode van kosvoorbereiding deur gebruik te maak van volhoubare seekos, plaaslike lams- en wildsvleis en seisoensveldkos. Hy gebruik ook wilde kruie en seegras uit plaaslike poele.

Sommige geregte op die spyskaart neem weke om voor te berei, terwyl ander bestanddele op die dag van bediening met die hand gepluk word na gelang van besprekings in die restaurant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

GRIET ·

?ÁLLES,DAREM NOG NIE HEELTEMAL VERLORE EN VERGETE AAN DIE SUIDPUNT VAN AFRIKA…? ?????
BAIE GELUK? WOLFGAT
WAS HEERLIK OM WEER IETS POSSITIEFS TE LEES,MM ??

nulle ·

Baie eksklusief met net 20 sitplekke. Dis seker vrek duur om daar te eet, nie vir die gewone ou beskore nie.

nulle ·

Ek sien dis R750 per persoon vir ‘n 7 gang maaltyd. Tog nie so buitensporig as mens die eksklusiwiteit in ag neem nie. Vir ‘n oorsese toeris is dit spotgoedkoop.

MC ·

Baie Geluk! Wolfgat julle verdien dit. En dit is voorwaar een van die mooiste kus dorpies ook.

Henrietta Klaasing ·

Ek het op Via gesien hoe hy met ‘n dametjie saamwerk wat eetbare wildekos vir hom in die veld pluk dan verwerk hy dit, ook die Eat Out finale op Via gekyk, dit was regtig fenomenaal. Ons het nog veel om op trots te wees in SA.

Linda ·

Baie Geluk Wolfgat en Kobus van der Merwe. Ja ek persoonlik het gedink nadat ek by Wolfgat ge-eet het dat die kos van die beste ter wereld was !!!!

Philicus Olivier ·

En nou bedien Wolfgat ons met n heel nuwe betekenis van Bakgat. Met n spyskaart veel wyer as net ons gewone aptyte, n spyskaart om ons ewigdurende epikuriese siele mee te bederwe.

Leon ·

Eerstens, Baie geluk aan die spannetjie! Onse Weskus mense is darem raakvat manne en dames!
En dan aan die lesers. Sowaar, die eerste berig in ‘n leeftyd, waar daar nie lelike dinge gesê word nie. Baie geluk aan julle ook!

Essa ·

Ja, bakgat Wolfgat. My intuisie was nie verkeerd nie! Baie geluk met die toekenning(s) aan Kobus van der Merwe en sy hele span. Paternoster skrik nie vir Parys nie en is nou “very much on the map”.
?‍????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.