Soorte resepte:

Koffiemeel vol antioksidante

Koffieliefhebbers sal baie bly wees oor ʼn nuwe produk wat moontlik baie gewild gaan wees.

koffie

Foto: Pixabay.com

Terwyl mens reeds uit soveel verskillende soorte meel kan kies, moet jy nie te verbaas wees oor die feit dat koffiemeel nou ook beskikbaar is nie.

Volgens ʼn onlangse studie van Brandeis Universiteit in Massachusetts, is daar soveel gebruike vir koffiemeel net soos met alternatiewe vir meel wat reeds op die rakke is.

Koffiemeel is vol antioksidante omdat die koffieboon nie so lank gerooster word soos wanneer dit vir koffie gebruik word nie. Die boon is aanvanklik eers groen en verkry sy bruin kleur wanneer dit gerooster word. Volgens Dan Perlman van Brandeis Universiteit verloor die boon al hoe meer oksidante soos die roosterproses vorder.

Wanneer die koffieboon vir meel gebruik word, word die boon vir ʼn kort periode by ʼn baie lae temperatuur gerooster. Dié meel het ʼn heerlike, neuterige geur. Dit kan ook by ander meel gevoeg word.

Nog ʼn nuutjie is koffiemeel wat gladnie met koffiebone gemaak word nie, maar met die res van die koffiepant. Die maatskappy Coffee Flour meen dié meel bevat (per gram) meer yster as spinasie, meer proteïne as kool, meer kalium as ʼn piesang en baie antioksidante.

Een ding is gewis – koffiemeel klink vir ons goed. Baie goed.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Het julle geweet kalium is ‘n beter Afrikaanse benaming vir potassium? Soos die kinders sê: #JustSaying

Johan ·

Dankie vir die vinnige korreksie wat julle aangebring het :)

Nic Zwarts ·

Gaan die meel algemeen beskikbaar wees of net ten duurste by “gesondheids” winkels?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.