Soorte resepte:

Kombuiswenke: Bepaal só die regte hoeveelhede

(Foto: Pixabay)

As jy al ooit iets probeer bak het en verkeerdelik te veel of te min van ʼn sekere bestanddeel ingegooi het, sal jy verstaan hoe belangrik dit is om die regte hoeveelhede te gebruik. Veral gebak soos koeke, kolwyntjies en brode kan vinnig in ʼn flop ontaard as jy nie weet wat die resep wat jy lees, se bestanddeellys van jou verg nie.

Die effektiefste manier om bestanddele in jou kombuis af te meet is om te belê in ʼn elektroniese kombuisskaal. Dit sal sorg dat jy presies die regte hoeveelheid van elke produk ingooi, want meeste resepte gee die hoeveelhede ook in gram. Dít is veral effektief wanneer die resep byvoorbeeld 250 g klapper vereis, maar ook 250 g botter. Die 250 g klapper sal veel meer wees as die botter, omdat dit baie ligter weeg. Dit sal dus nie deug om in só ʼn geval ʼn 250 ml-koppie van dié bestanddele te gebruik nie.

Deur behoorlike hoeveelhede te ken is dit ook makliker om ʼn resep te halveer, self wanneer jy nie ʼn skaal het nie. ʼn ¾-koppie meel is dalk moeilik om te halveer, maar wanneer jy dit na eetlepels omskakel is dit veel makliker! ʼn ¾-koppie meel is 12 eetlepels, so die helfte daarvan is 6 eetlepels. Volg hierdie afmetingslys om jou volgende bak-ekspedisie ʼn sukses te maak.

Droë bestanddele:

1 eetlepel = 3 teelepels

⅛ koppie = 2 eetlepels

¼ koppie = 4 eetlepels

⅓ koppie = 5 eetlepels en 1 teelepel

½ koppie = 8 eetlepels

¾ koppie = 12 eetlepels

1 koppie = 16 eetlepels

 

Vloeistowwe:

1 koppie = 250 ml

½ koppie = 125 ml

¾ koppie = 200 ml

1 eetlepel = 15 ml

1 teelepel = 5 ml

1 liter = 4 koppies

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Zella ·

Kan iemand my asseblief net reg help, die eetlepel mates moet dit gelyk geskrap wod of opgehoopte eetlepels?

Knapie ·

Moet liefs nie n gewone eetlepel gebruik nie. Hulle het elkgeval nie almal dieselfde volume nie. Gebruik eerder maatlepels. Vir maatlepels moet die die bestandeel gelyk geskraap word.

Alki ·

My probleem is as die bestandele in gramme weergegee word, hoeveel ml is bv. 60 g suiker of 110 g meel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.