Soorte resepte:

Kombuiswenke: Wat is die verskil tussen koeksoda en bakpoeier?

Foto: Pixabay

Die verskil tussen bakpoeier en koeksoda is baie klein, maar dit kan jou bakproses merkwaardig beïnvloed.

Koeksoda

Koeksoda is ʼn eenvoudige ryselement met slegs een bestanddeel: natriumbikarbonaat. Natriumbikarbonaat reageer slegs wanneer dit met vloeistof en sure soos heuning, asyn, karringmelk of suurlemoensap gemeng word.

Koeksoda het ʼn sterker smaak en geur as bakpoeier, so dit moet presies afgemeet word. Indien te veel koeksoda in ʼn resep gebruik word, kan ʼn seperige geur voorkom en jou resep oordonder.

Anders as bakpoeier, het koeksoda ʼn manier om jou gebak ʼn mooi goue kleur te gee, asook ʼn unieke tekstuur. Koeksoda kan wel vinnig klonterig word, so maak seker jy sif dit goed voor jy dit gebruik.

Bakpoeier

Bakpoeier is ook ʼn ryselement, maar het reeds sy eie suurbestanddele (gewoonlik kremetart) in. Dit hoef nie met enige spesifieke bestanddele gemeng te word om te werk nie.

Bakpoeier het nie ʼn smaak nie, so dit is maklik om in enige resep met ander neutrale geure (soos melk) te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Wilma

Dankie vir jou valkoog! Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Vermeende ·

Die verskil tussen bakpoeier en koeoksoda…….
Bakpoeier gee sooibrand en koeksoda help vir sooibrand!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.