Soorte resepte:

Kombuiswenke: Wat is die verskil tussen seesout, tafelsout en Himalaja-sout?

Foto: Pixabay.com

Een van dié soute is baie beter vir jou as die ander!

Seesout

Seesout word vervaardig deur water uit seewater te verdamp, sodat net die sout oorbly. Seesout het gewoonlik baie min verwerking nodig en, afhangend van die waterbron, behou die rou sout verskeie minerale en elemente.

Tafelsout

Tafelsout word oor die algemeen van ondergrondse soutreserwes gemyn. Dié sout ondergaan meer prosessering as seesout; minerale word uit die sout gehaal en toevoegings word gemaak om byvoorbeeld klonte te voorkom en die strooi van sout te vergemaklik. Tafelsout bestaan uit sowat 99% natriumchloried.

Seesout en tafelsout het dieselfde basiese voedingswaarde, ten spyte daarvan dat seesout as die gesonder opsie voorgehou word.

Himalaja-sout (Foto: Pixabay.com)

Himalaja-sout

Dié tipe sout word geken as die natuurlikste sout in die wêreld. Omdat die vulkane en berge die sout in die Himalaja-bergreeks beskerm het, is dit onaangeraak deur moderne elemente soos lugbesoedeling. Himalaja-sout bestaan uit 85% natriumchloried, terwyl die res uitgemaak word deur meer as 80 minerale.

Dié minerale het ʼn verskeidenheid positiewe invloede op jou liggaam, wanneer dit in matigheid gebruik word. Himalaja-sout word uitgeken aan sy unieke pienkerige kleur en rein soutsmaak.

Enige van die bogenoemde tipes sout moet matig gebruik word. Die aanbeveelde hoeveelheid natriumchloried wat ʼn persoon per dag moet inneem is minder as 2,300 milligram (1 teelepel), terwyl mense tans sowat 3,400 milligram natriumchloried per dag inneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Clifford ·

Goeie dag
Enige moontlikheid dat ek met die skrywer van die artikel in verbinding kan tree? Ek sal graag die inligting in meer detail wil bespreek.
Groete

Tania Heyns ·

Dagsê Clifford

Dankie vir jou boodskap. Die betrokke persoon sal deur e-pos met jou in verbinding tree. Groetnis.

Johannes Moolman ·

Waar kan ‘n mens seldery sout koop. Is dit nog beskikbaar

Johannes Moolman ·

Waar kan mens seldery sout koop, is dit nog beskikbaar of is daar ‘n plaas vervanger daar voor

Daan Erasmus ·

Wat is seldery sout. Dateer asb die artikel op. Dit is ‘n puik reeks.

Daan Erasmus ·

Hierdie artikel verdien ‘n opvolg. Opdatering. Sout van binnelandse sout is jodium vry. Daar is mense wat allergies is vir jodium. Dan is daar kosher sout. Niks met geloof te doen, dit is bietjie growwer as tafel sout.

WL ·

Het dieselfde gewonder. Maar is dit natriumchloried of sodiumchloried, of is dit dieselfde ding?

Ekke ·

Hallo
Ek was onder die indruk dat die Himalaja bergreeks geen sout reserwes het nie…
Enige iemand inligting vir my daaroor?

Ekke ·

Ek het die inligting gekry. Dit lyk dus of dit wel nie van die Himalajas afkom nie maar dat dit ‘n goeie verkoopstruuk is.
Dit is ook nie so suiwer soos wat voorgegee word nie.

“Himalayan salt is mostly mined at the Khewra Salt Mine in Khewra, Jhelum District, Punjab, which is situated in the foothills of the Salt Range hill system in the Punjab province of the Pakistan Indo-Gangetic Plain. It is located about 310 km (190 mi) from the Himalayas, 260 km (160 mi) from Lahore, and 298 km (185 mi) from Amritsar, India.”

“Himalayan salt is chemically similar to table salt plus mineral impurities like chromium, iron, zinc, lead, and copper; some salts mined in the Himalayans are not suitable for use as food or industrial use without purification, due to these impurities.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.