Soorte resepte:

Kombuiswenke: Wat is die verskil tussen ‘whiskey’ en ‘whisky’?

Die verskil tussen “whiskey” en “whisky” is eintlik baie eenvoudig. “Whisky” word gemaak in Skotland en “whiskey” in Ierland. Wanneer dié drankie in Amerika gemaak word, word daar ook daarna verwys as “whiskey”.

Die grootste verskil tussen Ierse whiskey en Skotse whisky is die distillasieproses. Whisky word twee keer gedistilleer, terwyl Ierse whiskey normaalweg drie keer gedistilleer word, wat sorg vir ʼn ligter en gladder tekstuur.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof, Só maak mens

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Ingrid Bell ·

Interessante brokkie nuus. Hou baie van julle verskeidenheid artikels wat julle plaas.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.