My ma het my altyd geskel as ek strooisuiker in plaas van witsuiker gebruik. Lees hier of sy rede gehad het daarvoor.
Witsuiker (“gewone” suiker)
Witsuiker is wat in die meeste resepte gebruik word. Dit is natuurlike suiker waarvan die molasse afwesig is. Die suikerkorreltjies sit nie aan mekaar vas nie, wat dit perfek maak vir die afmeet van hoeveelhede in resepte.
Bruinsuiker
Bruinsuiker is witsuiker waarby suikerriet-molasse bygevoeg is. Hoe donkerder die bruinsuiker, hoe meer molasse in die suiker. Donkerder bruinsuiker word gebruik vir ryker gebak soos gemmerkoekies, terwyl ligter bruinsuiker gebruik word in gewone gebak en souse.
Strooisuiker
Strooisuiker is gewone witsuiker wat baie fyn gemaal is. Die suikerkorreltjie is omtrent die helfte van die grootte van gewone witsuiker se grootte.
Versiersuiker
Versiersuiker is strooisuiker wat nóg fyner gemaal is en gemeng word met ʼn klein bietjie mielieblom om klonte te voorkom en ʼn gladde tekstuur te verseker. Dit word gewoonlik gemeng met botter en/of water en gebruik om koeke, koekies en oliebolle te versier.
Dankie vir die inligting.
Nee dis verkeerd, witsuiker is soet, strooisuiker is soeter en versiersuiker is die soetste maar bruinsuiker is stroopsoet…..lol
Daar is 2 soorte bruin suiker. Die klewerige baie donker suiker is soos in die artikel beskryf met molasse bygevoeg. Die ligte kleur bruin suiker, wat gewoonlik ook goedkoper en gesonder is om te eet is ongeraffineerde of ongebleikte suiker. Die kristalle kleef ook nie aan mekaar nie.