Dit kan nogal vervelig raak as daar elke dag dieselfde broodjie in jou kosblik is. Hier is ʼn lekker, maklike en gesonde manier om die kosblik se inhoud net so ʼn bietjie op te vrolik.
Bestanddele
- 1 sny ham
- roomkaas
- blaarslaai
- 1 velletjie kaas
Metode
- Sit die velletjie ham op ʼn plat oppervlak en smeer ʼn bietjie roomkaas daarop. (Die roomkaas kan ook gegeur wees.)
- Plaas nou ʼn stuk blaarslaai daarop en sit ʼn velletjie kaas in.
- Rol die ham van die kant af op en steek ʼn tandestokkie in om die rolletjie se vorm te behou.
Wil jy tot Helpende Hand se #StopHonger-veldtog bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?
SMS die woord STOP na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.
*Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18
Resep: Janie Monsieur