Soorte resepte:

Kosblikkie-video: Spek-, kaas-en-broccolikoekies

kosblikkie-spek-2-2.jpg

Spek-, kaas-en-broccolikoekies (Janie Monsieur)

Dít is ʼn heerlike en maklike resep en ideaal vir jou kind se kosblik of selfs jou eie kosblik!

Lewer ongeveer 6 koekies

Bestanddele

  • 1 k spek, gekerf
  • ¾ k kaas
  • ½ k broccoli
  • ½ k koekmeel
  • 2 eiers
  • sout en peper na smaak
  • olie vir braai

Metode

  1. Meng die spek, kaas en broccoli saam.
  2. Gooi koekmeel, eiers, sout en peper by en meng.
  3. Verhit olie in ʼn pan en skep lepelsvol van die beslag daarin. Braai elke koekie tot die spek gaar en die buitekant goudbruin is.

 

Stophonger-logo.jpg

Wil jy bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?
SMS die woord “STOP” na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

*Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

 

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.