Hier is ʼn maklike manier om jou kind se kosblik interessant te hou.
Metode:
- Maak jou kind se gunstelingtoebroodjie.
- Sny die korsies af (opsioneel) en sny dan die broodjie in nege blokkies.
- Ryg die blokkies op ʼn sosatiestokkie en plaas dit só in die kosblik.
Nog ʼn idee:
Gebruik verskillende vorms koekiedrukkers en druk die broodjies in verskillende vorms uit, byvoorbeeld ʼn sirkel, ʼn ster, ʼn vierkant, selfs ʼn hartjie. So leer jou kind ook sommer speel-speel verskillende vorms.
Wil jy bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?
SMS die woord “STOP” na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.
*Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18
Resep: Janie Monsieur