Soorte resepte:

Resep-video: Fluister-fudge

Fluister-fudge (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Oor hierdie bederf moet jy saggies praat, want anders bly daar niks oor nie!

Lewer sowat 20 blokkies

Bestanddele

  • 500 g strooisuiker
  • 125 g botter
  • 1 blik kondensmelk
  • 10 ml asyn
  • 10 ml vanieljegeursel
  • sout
  • 2 groot pakke Whispers-sjokolade

Metode

  1. Gooi suiker en botter saam in ʼn bak. Mikrogolf dit ʼn bietjie sodat die botter kan smelt en meng dan goed.
  2. Gooi kondensmelk by en meng weer.
  3. Mikrogolf die beslag vir 6-8 minute op hoog en roer dit elke 2 minute. Hou dit dop, want dit kan oorborrel as jy nie vinnig genoeg roer nie.
  4. Gooi asyn, vanielje en sout by en roer weer.
  5. Gooi 1 pakkie Whispers in en meng.
  6. Gooi die beslag in ʼn yskasbak en maak gelyk bo-op. Gooi die res van die Whispers bo-op en druk dit effens in die beslag in met jou vinger.
  7. Laat die fudge afkoel vir sowat 3 uur in die yskas, tot dit hard is. Sny in blokkies.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Estelle ·

Nee jy moet saggies praat, want niemand kan weet dat jy soveel geld gehad het vir hierdie duur en luukse items nie. ??

KG ·

Lol Estelle, stem saam met jou. Toe ek sien 2 groot pakke Whispers, toe dink ek….oeps, gaan beslis ‘n aanpassing moet maak of net heeltemal skip. Nietemin dit lyk heerlik (en lekker soet).

Daan ·

Fudge koop ek. Dit is gewoonlik ‘n ramp van epidermiese proporsies as ek dit maak. Bel gerus as jy gemaak het. Dan kom haal ek.

Veronica ·

Lyk heerlik, maar ek sal nou nie nog whispers bo oor ook sit nie. As daar dan iets bo op moet wees, sal ek eerder net gewone melk sjokolade oor rasper.

Zettie ·

Sjoe, dit klink heerlik. Wonder of mens Chrunchie ook so kan gebruik instede van Whispers? Of selfs Pepermint Crisps?

Karien ·

Zettie, ek glo so, jou kombinasies klink heerlik. Hierdie is een van daai reseote; al flop hy, hy gaan nogsteeds maag toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.