Soorte resepte:

Resep-video: Tradisionele klapperys

Tradisionele klapperys (Foto: Maroela Meida/Janie Monsieur)

Jou kinders sal mal wees hieroor terwyl hulle met vakansie is.

Bestanddele

  • 1 blikkie (385 g) kondensmelk
  • 1 pak (500 g) versiersuiker
  • 200 g fyn klapper
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 5 ml suurlemoensap
  • sout
  • rooi voedselkleursel

Metode

  1. Meng kondensmelk en suiker saam en mikrogolf twee keer vir 1 minuut op hoog, roer tussenin.
  2. Voeg klapper by en mikrogolf vir nog ʼn minuut.
  3. Gooi vanieljegeursel, suurlemoensap en sout by en roer goed.
  4. Gooi die helfte van die mengsel in ʼn bak en druk vas met jou hande.
  5. Gooi ʼn bietjie rooi kleursel by die ander helfte van die klappermengsel en meng goed. Indien die mengsel te droog lyk, mikrogolf nog ʼn minuut.
  6. Gooi die pienk klappermengsel oor die res wat reeds in die bak is, en druk dit ook vas met jou hande.
  7. Laat dit afkoel, maar sny in blokkies voor dit heeltemal koud is.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.