As jy jou koffie tot die kuns van fynproewer lig en skilder met die skuim in ʼn cappuccino, skuil daar moontlik ʼn barista iewers in jou.
In vandag se aflewering van ons gespreksreeks oor koffie, vertel Lani Snyman van Ciro ons alles van baristas en die opleiding waardeur hierdie kenners moet gaan om vir jou ʼn uitstekende koppie boeretroos voor te sit. Susan Lombaard het met haar hieroor gepraat.