Helpende Hand het ʼn kompetisie genaamd Stoofstories van stapel gestuur en is op soek na die beste koeksister. Stoofstories is egter veel meer as net ʼn kompetisie.
Maroela Media het met Anel du Preez, projekbestuurder by Helpende Hand, gesels oor wat die kompetisie behels en sy bespreek ook die eienskappe van ʼn goeie koeksister.
Gaan loer gerus hier om meer van die kompetisie uit te vind. Die inskrywings vir dié kompetisie sluit 31 Mei 2015.
hi daar, het familieresep by my ma gekry en saam gebak vir kermisse, skool en kerk funksies* ook as fondse dun was en kinders lus was vir fliek by di inryteater het moeder n degie aanmekaargeslaan, n paar vriendinne en koeksister kennisse gekontak. Voila, gaan fliek en lekkernye gekry. bak steeds op aanvraag in my vrye tyd*
Koeksister kompetisie?!
En ek het gedink ‘n koeksister is ‘n koeksister is ‘n koeksister!
Een net meer stroperig as die ander!! Nou toe nou!