Soorte resepte:

Luister: Koekedoor-beoordelaars vertel wat hulle van Suid-Afrika se beste bakker gaan verwag


Suid-Afrika se bobaasbakkers gaan Mari-Louise Guy, Tiaan Langenegger en Elizabeth Cloete moet beindruk met hulle vernuf in die kombuis. Foto: Koekedoor se Facebookblad.

Suid-Afrika se bobaasbakkers gaan Mari-Louise Guy, Tiaan Langenegger en Elizabeth Cloete moet beïndruk met hulle vernuf in die kombuis. Foto: Koekedoor se Facebookblad.

Die soektog vir die land se beste, mees veelsydige bakker begin vanaand (12 Maart) om 20:30 op kykNET.

Koekedoor is Suid-Afrika se heel eerste Suid-Afrikaanse bak-realiteitskompetisie. Die televisieprogram volg die formaat van bakprogramme soos Cake Boss en Cupcake Wars, maar dit is steeds eg Suid-Afrikaans en soos Kokkedoor, propvol nostalgie en moderne kinkels. Die bak van brood, koek, soetgoed, pasteie en terte was nog nooit so aanloklik, spanningsvol en verslawend nie.

Die nuwe reeks bestaan uit 13 episodes en elke deelnemer kry weekliks drie uitdagings om te voltooi. Die verskillende uitdagings gaan deelnemers se kennis en tegnieke beproef, maar soos met Kokkedoor moet die deelnemers strewe na vernuwing van die tradisionele geregte. Die tien deelnemers gaan tydens Koekedoor die kans kry om drie bak-kenners wat as beoordelaars optree elke week te beïndruk en weg te stap met R200 000 in kontak geborg deur Krone MCC, ʼn splinternuwe Honda CRV motor en hulle eie bakboek wat deur Human & Rosseau uitgegee sal word.

Esté Meyer Jansen het in Randburg by Koekedoor se beoordelaars, Mari-Louis Guy, Elizabeth Cloete en Tiaan Langenegger, gaan kuier om te hoor wat bakkers sal moet doen om dié drie te beïndruk.

  • Gaan maak ‘n draai op Kokkedoor se webwerf om ‘n voorskou van Koekedoor se eerste episode te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.