Soorte resepte:

Luister: ‘Koekedoor’-wenner glo aan YouTube


Mareli Visser - Wenner van Koekedoor. Foto: Facebook

Mareli Visser – Wenner van Koekedoor. Foto: Facebook

Mareli Visser, ’n amateurbakker, is Donderdagaand as die wenner van kykNET se realiteitsprogram, Koekedoor, gekroon. Dié Noord-Kapenaar is in 1974 gebore en woon in Douglas.

“Ek het in ʼn huis grootgeword waar kos ʼn baie hoë prioriteit op ons lys was, maar so tien jaar gelede het iemand my gevra om hulle troukoek te bak en nadat ek vir drie weke aan die koek gewerk het, het die bakgogga my gebyt.” Mareli sê sy het selfs op YouTube “versierlesse” gekry en baie tegnieke aangeleer oor plastiese versierwerk.“Ek YouTube alles, as ek wil weet hoe om te hekel, dan YouTube ek dit, en leer ek maar daar.”

Dié bobaas-bakker het vir vyf jaar aan die Universiteit Stellenbosch (US) studeer. “My eerste jaar het ek regte studeer en toe het ek vir ʼn week lank drama probeer. Ek het toe op huishoudkunde besluit en dit vir vier jaar studeer. Jy weet, ek het gevoel dis ʼn loopbaan en nie ʼn renbaan nie,” skerts sy.

Mareli se man, Hennie, en twee kinders, Cilliers (13) en Mila (9), is vreeslik opgewonde oor haar kroning as Koekedoor-wenner. “My man het vir my ʼn uittreksel van ʼn video gestuur van hoe my dogtertjie gehuil het toe ek gewen het. Ek het vandag sommer weer in trane uitgebars.”

Maroela Media het met Mareli gesels oor wat die toekoms vir haar mag inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.