Soorte resepte:

Maroela Media se 10 gewildste resepte vir 2018

In Maroela Media se “Koolstoof”-kategorie publiseer ons die lekkerste resepte – en jy kan selfs jou eie gunsteling-familieresepte instuur!

Hierdie 10 resepte is in 2018 die meeste gelees op Maroela Media se Koolstoof-afdeling.

  1. Pynappel-yskastert

Hierdie resep mors nie nog rond met afmetings nie. Een blikkie van dít, twee pakkies van dát, dis mos hoe dit gedoen moet word! Kry die resep hier.

Pynappel-yskastert (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

 

  1. Groentesop

Dié maklike groentesop is perfek vir die winter! Kry die resep hier.

  1. Rooibos-ystee

Tuisgemaakte ystee is die perfekte dorslesser op ’n warm dag. Dis nie net gesond nie, maar ook soveel goedkoper as vrugtesap of ander koeldrank. Kry die resep hier.

Rooibos-ystee (Foto: Landbou-boerekos)

 

  1. Maklike mieliekoekies

Onthou jy nog jou ma se lekker mieliekoekies? Kry die resep hier.

Maklike mieliekoekies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

  1. Ma se melkkos

Geniet hierdie goue oue! Kry die resep hier.

Ma se melkkos (Foto: Lapa-uitgewers)

 

  1. Mielietert

’n Mielietert is darem ’n wonderlike ding! Dit is maklik, vinnig, en almal hou daarvan. Kry die resep hier.

Mielietert (Foto: Lapa-uitgewers)

 

  1. Stroopsoet-sjokoladekoek

Dit is die klamste koek wat jy ooit sal maak. Kry die resep hier.

Stroopsoet-sjokoladekoek (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

 

  1. Boerekerrie

’n Kerrie soos min. Dié resep is perfek vir enige aand! Kry die resep hier.

Boerekerrie (Foto: Lapa-uittreksel)

 

  1. Koningknoffelbroodjie

Hierdie is nie jou gewone knoffelbrood nie. Dié knoffelbrood is souserig en smaaklik. Maak sommer byvoorbaat ekstra, want jou gaste gaan vir nóg vra. Kry die resep hier.

Koning-knoffelbroodjie (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

  1. Pepermenttert

Maak die tert op ʼn Vrydag sodat dit die hele naweek kan hou! Kry die resep hier.

Pepermenttert (Foto: Lapa uitgewers)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wanda ·

Die pynappel yskas tert is baie lekker,het dit gister gemaak. Beslis n wenner.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.