Soorte resepte:

Maroela Media se 5 gunsteling-rooibosresepte

Dis Nasionale Rooibosdag vandag! Maak een van hierdie resepte om dié eg Suid-Afrikaanse tee mee te vier!

1. Rooibostee-en-sjokoladekoek

Om die koek nog lekkerder te maak kan karamelkondensmelk as bolaag gebruik word. Strooi gerasperde pepermentsjokolade bo-oor. Klik hier vir die resep.

Foto: Lekker en vinnig

2. Rooibos-wortelkoek

Twee van jou gunsteling-smake in een! Klik hier vir die resep.

Foto: Maroela Media

3. Rooibos-ystee

Dié drankie is ʼn baie beter alternatief vir gaskoeldrank of gekoopte vrugtesap. Klik hier vir die resep.

Foto: Jou beste lewe

4. Rooibos-en-muesli-beskuit

Dit is so lekker om beskuit in rooibostee te doop, sit die tee sommer binne in! Klik hier vir die resep.

Rooibos-en meuslibeskuit (Foto: Lapa-uitgewers)

5. Grenadella-ystee

Dié ystee meng rooibos met die vars geur van grenadella. Klik hier vir die resep.

Foto: Maroela Media

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae