Soorte resepte:

Maroela Media se gewildste resepte vir 2017

In Maroela Media se “Koolstoof”-kategorie publiseer ons die lekkerste resepte – en jy kan selfs jou eie gunsteling-familieresepte instuur! Uit die lys van gewildste resepte vir 2017, is dit duidelik dat mense beslis vanjaar ʼn soettand gehad het.

Hier is die stories wat vanjaar die meeste in dié kategorie gelees is.

1. Resep: Knoffelbrood

ʼn Leser skryf sy het dié broodjies die eerste keer by ʼn vriendin geëet en toe sommer aangepas toe sy dit self begin maak het. Lees meer.

2. Resep: Pannekoek

Daar is min dinge so lekker soos pannekoek op ʼn reënerige dag. Lekker bak! Lees meer.

3. Resep: Maklike hoenderpastei

Hierdie maklik hoenderpastei is nie net vinnig om voor te berei nie, maar sal sommer ook jou sak pas. Lees meer.

4. Resep: Pannekoek met ʼn melktertvulsel

As jy dol is oor pannekoek en melktert, gaan hierdie resep jou knieë lam maak. Lees meer.

pannekoek-met-n-melktertvulsel

5. Maklikste, lekkerste koekies

Doodmaklike, doodeet-lekker koekies van Marlise Booyens. Lees meer.

6. Resep: Ma Sarie se Piesangbrood

Staatmaker-piesangbroodresep wat ‘n ereplek as bobaas-brood verdien. Lees meer.

7. Resep: Cremora-tert

‘n Eenvoudige resep vir ‘n watertandlekker Cremora-tert. Lees meer.

8. Resep: Pampoenkoekies

Die maklikste resep vir die heerlikste pampoenkoekies – ‘n groot gunsteling! Lees meer.

9. Resep: Tannie Nella se vinnige melktert

Een van die maklikste en lekkerste melktertresepte nog! Lees meer.

10. Resep: Outydse melkkos

“Daar is baie melkkosresepte daar buite, maar hierdie resep van my ouma Engela bly ʼn wenner. Dit neem effens langer om te maak, maar is regtig baie lekker,” skryf Emsie van Vuuren. Lees meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SOEK RAAD ·

Ek het die heerlikste gemmerkoekie resep met barsies en al. Die probleem is dat die koekies nie hard bly nie en sag raak. Sodra dit afgekoel is, is hulle sag. Wat kan ek doen sodat hulle hard bly?

Danie ·

Ek is nie ‘n kenner nie. Maar dit kan dalk wees dat daar te veel vog in die koekies oor is.

Adriaan ·

Ek sal die koekies eers moet proe voordat ek kan raad gee. Maar dit klink of 1, 2 of selfs 3 keer se eet nie genoeg gaan wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.