Soorte resepte:

McDonald’s se Nutella-burger

McDonald's se "Sweety" Nutella-burger

McDonald’s se “Sweety” Nutella-burger

Die McDonald’s-burger het weer ʼn nuwe baadjie aangetrek, hierdie keer spesiaal vir die soettande.

McDonald’s Italië het sy jongste produk op Facebook bekend gestel waar die kitskosmaatskappy se bekende broodjies met Nutella gekombineer word.

“ʼn Sagte soetheid is hier wat jy nie sal kan weerstaan nie. Probeer Sweety met Nutella nou: sagte broodjie met ʼn romerige middel!” beskryf die maatskappy dié nuwe happie.

Dit is nog nie bekend of die maatskappy die produk ook in ander lande gaan vrystel nie. Dis ongetwyfeld gewild in Italië, meer as 76 000 persone het gunstig op die plasing reageer en meer as 94 000 persone het dit gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jan ·

Ek sien sterretjies in Pravin Gordhan se oë. Wat noem hy nou weer daardie belasting wat hulle beoog? Ganadiglik vir McD gaan daardie belasting oor die suiker in KOELDRANKE.

Kolliehond ·

Ek sien ook sterre in die oe van hospitale, dokters, en almal betrokke in diabeetbehandelings.

W ·

Ek kan nou nie die negatiewe kommentaar verstaan nie, wat is nou die verskil in die burger, en n toebroodjie wat n mens eet met Nutella. Daars nou nie rerig so n groot verskil nie………….is daar?

SkarrelKind ·

W, daar is nogal. Alles bevat suiker, baie daarvan en die hoeveelheid suiker wat ons in neem, het skerp toegeneem sedert die 50’s. Suiker het nie regtig ‘n baie gunstige uitwerking op die liggaam nie, en die inname daarvan word steeds bemark. Google porsie grootte van koeldranke (soda’s) in Amerika se “fast food industry” en hoe dit verander het oor tyd. Dis nogal interressant. En kyk dan na “obesity” syfersvan die Amerikaners oor tyd en die siektes wat daarmee verband hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.