Soorte resepte:

[Meeste gelees] Die top 10 resepte van 2015

Die outydse melkkos-resep is die mees geleeste resep vir 2015. Argieffoto.

Die outydse melkkos-resep is die mees geleeste resep vir 2015. Argieffoto.

Hier volg die top tien resepte wat in 2015 op Maroela Media verskyn het waaraan lesers die lekkerste gesmul het. Dié resepte is almal ou gunstelinge en eenvoudig om voor te berei. Die nederige melktert maak drie uit die tien keer ʼn verskyning.

  1. Outydse melkkos “Daar is baie melkkosresepte, maar hierdie resep van my ouma Engela bly ʼn wenner. Dit neem effens langer om te maak, maar is regtig baie lekker,” skryf Emsie van Vuuren.
  1. Resep: Pannekoek met ʼn melktertvulsel – Vrydag 27 Februarie is Nasionale Melktertdag en hier is nog ‘n manier om hierdie Afrikaanse gunsteling te geniet.
  1. Tannie Nella se vinnige melktert – Een van die maklikste en lekkerste melktertresepte nog!
  1. Maklikste, lekkerste koekies – Doodmaklike, doodeet-lekker koekieresep.
  1. Resep: Maklike hoenderpastei – Hierdie maklike hoenderpastei is nie net vinnig om voor te berei nie, maar sal sommer ook jou sak pas.
  1. Resep: Pampoenkoekies – Die maklikste resep vir die heerlikste pampoenkoekies – ‘n groot gunsteling!
  1. Cremora-tert – ‘n Eenvoudige resep vir ‘n watertandlekker Cremora tert.
  1. Resep: Ma Sarie se Piesangbrood – Staatmaker piesangbrood- resep wat ‘n ereplek as bobaas-brood verdien.
  1. Resep: Gemmerkoekies – Hierdie gemmerkoekie-resep het gesorg dat iemand met die eerste prys wegstap by die Pretoria Skou
  1. Resep: Korslose souttert – Baie maklike en vinnige resep vir ‘n korslose souttert!

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maureen ·

Ek het as kind – meer jare gelede as wat julle wil weet, elke Sondagmiddag as die grootmense gaan rus het, uit ‘n ou saamgestelde kosboekie van die VLV of ACVV ‘n resep vir Kabinet Poeding gemaak – my gunsteling vir baie jare. Maar om die dood kan ek vandag nie meer onthou hoe dit gemaak of gesmaak het nie. Ken iemand so iets? Dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.