Soorte resepte:

Mieliebroodjie

Argieffoto Foto: chow.com

Bestanddele:
4 Eiers
125 ml melk
125 ml suiker
25 ml koekmeer
15 g mieliemeel
7 ml bakpoeier
knypie sout
1 blik geroomde suikermielies
1 blik pitmielies gedreineer
30 ml kookolie
paprika

Metode:

  1. Klits die eiers, melk en suiker saam.
  2. Sif die mieliemeel, koekmeel, bakpoeier en sout saam bo-op die eier mengsel.
  3. Roer tot alles mooi deurgemeng is.
  4. Voeg die geroomde suikermielies, pitmielies en olie by.
  5. Spuit die pan goed
  6. Plaas die deeg in die pan en strooi die paprika oor Bak teen 180 tot gaar (Doen die mespunt toets)

Ingestuur deur: Leana Leonard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.