Soorte resepte:

ʼn Meestersgraad in melktert!

Rachel Botes (Foto: Theana Breugem/FAK)

Deur Seugnet van Zyl

Party mense sal sê sy is seker versot op melktert, want waarom anders sal sy ’n meestersgraad oor dié eg Suid-Afrikaanse poeding aanpak?!

Rachel Botes (50), ’n sjef wat vir jare lank diep in die harte van menige Pretorianer gekruip het met haar uithalerdisse by die Carlton Café Delicious in Menlopark, sê Suid-Afrikaners dink melktert is volksbesit. “Mense dink dis dalk ’n eenvoudige poeding, maar daar is soveel meer daaraan.”

Met haar navorsing aan die Universiteit van Pretoria se departement van geskiedenis wil sy mense se persepsie oor “wat is melktert” probeer bepaal. Wat sy tot dusver bevind het, is dat daar verskeie lande is wat met hulle eie melkterte spog.

“Ek gaan ons melktert met ander lande se ekwivalente vergelyk,” verduidelik sy. Dit sluit onder meer Griekeland, Portugal, Spanje, China en Engeland in. Buiten vir dié lande, verskil melktert in die verskillende streke van Suid-Afrika ook. “Die basiese bestanddele vir melktert bly altyd dieselfde, maar die Kaapse Maleiers gooi byvoorbeeld kardomonpeule by, terwyl ander weer amandelgeursel byvoeg. Kruisbestuiwing van die resep vir melktert, het almal ’n invloed op mekaar gehad. Watter invloede het streeksgewys die melktert beïnvloed?” wil sy weet.

Haar eie melktertresep het ’n marsala-stropie bo-oor.

Nataniël beskou Rachel, ’n opgeleide prokureur en gekwalifiseerde slagter, as sy (kos)mentor en vriendin. Haar restaurant was in ʼn stadium langs sy Kaalkop-winkel in dieselfde straat geleë. Dit is hoe hulle bevriend geraak en sy ook gereeld op sy televisieprogram, Die Nataniël Tafel, verskyn het waar sy in ’n meestersklas saam met hom disse voorberei het.

Omdat sy nie “’n eendimensionele brein” het nie, vul dié slagter/bakster haar gedeeltes van haar psige aan.

Nasionale Melktertdag skryf nie voor nie. Maak jou melktert self of koop dit. Gaan korsloos; gebruik jou eie skilfer- of smeerkors of koop dit klaar. Strooi kaneel of kaneelsuiker oor, of hou dit naak. Al pleidooi is dat jy die dag ingaan met minstens twee terte; een vir jou en een vir ʼn geliefde of vir iemand wat nie kan bak of bekostig nie!

Kompetisie

Foto: Theana Breugem/FAK

Vanjaar hoef jy nie self in die kombuis te werskaf nie: 100 mense staan die kans dat die FAK en Maroela Media jou en ʼn vriend of vriendin met ʼn melktert op Melktertdag bederf! Vul bloot die onderstaande vorm in en nomineer die persoon vir wie jy graag ʼn melktert wil skenk en jy kan dalk die kans staan om een van dié 100 gelukkige mense te wees!

Die gelukkige trekking vind op 26 Februarie 2019 plaas en die wenner sal deur die FAK gekontak word om te reël dat jy Melktertdag vanjaar behoorlik kan vier!

Loer gerus op Melktertdag (27 Februarie 2019) op die FAK se Facebook-blad en Maroela Media se Facebook-blad hoe Rachel Botes, ’n sjef wat vir jare lank diep in die harte van menige Pretorianer gekruip het met haar uithalerdisse by die Carlton Café Delicious in Menlopark en Nataniël se (kos)mentor en vriendin, ’n melktert bak.

Sluitingsdatum vir inskrywings: 25 Februarie 2019

Bepalings en voorwaardes

  1. Slegs deelnemers en genomineerdes wat in Suid-Afrika woon, staan ‘n kans om te wen.
  2. Altesaam 100 wenners sal aangwys word uit die deelnemers wat die bostaande vorm invul. Die mense wat deur die wenners genomineer is, ontvang ook ‘n melktert.
  3. Die prys is een standaardgrootte melktert per wenner en een soortgelyke melktert vir die wenner se genomineerde persoon.
  4. Die FAK sal die onderskeie wenners kontak sodat reëlings getref kan word waar die melkterte afgehaal kan word.
  5. Dit is die wenner se eie verantwoordelikheid om die melkterte (jou eie en die melktert van die persoon wie jy verwys het), by ‘n plaaslike winkel in jou omgewing (soos gereël met die FAK) te gaan haal.
  6. Die FAK sal besluit by watter winkel in die wenner se omgewing die melkterte afgehaal moet word.
  7. Die wenner moet sorg dat die genomineerde persoon sy of haar melktert ontvang.
  8. Die wenners se name kan op Maroela Media se webwerf gepubliseer word.
  9. Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.
  10. Die kompetisie vir nuwe inskrywings sluit op 25 Februarie 2019 om 23:45.
  11. Wenners word aangewys deur middel van ‘n gelukkige trekking op 26 Februarie 2019.
  12. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal verder hieroor gevoer word nie.
  13. Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  14. Die deelnemers kan eenmalig deur Maroela Media gekontak word vir ‘n vrywillige donasie.
  15. Die deelnemers en genomineerdes kan eenmalig deur die FAK gekontak word om hul uit te nooi na toekomstige promosies en gebeure.
  16. Werknemers van die FAK en Maroela Media en hul familielede mag nie aan die kompetisie deelneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.