Soorte resepte:

Crème brûlée

Resep uit Trooskos

Bestanddele

1 k (250 ml) Clover volroommelk
1 k (250 ml) Clover vars room
1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgeskraap
2 lourierblare
2 eiers
2 eiergele
¹∕³ k (75 g) suiker
¼ t (1 ml) sout

Bolaag
¼ k (50 g) strooisuiker

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C.
  2. Verhit die melk, room, vanielje en lourierblare oor lae hitte in ’n swaarboomkastrol tot amper by kookpunt. Verwyder van die hitte en laat 1 uur afkoel.
  3. Klits die eiers, eiergele, suiker en sout saam in ’n groot mengbak. Klits dit met ’n draadklitser by die melkmengsel en giet die mengsel deur ’n fyn sif. Gooi die vanieljepeul en lourierblare weg.
  4. Giet die mengsel in 4 of 5 klein bakkies en plaas die bakkies in ’n oondpan. Vul die pan met water sodat dit tot halfpad teen die bakkies kom.
  5. Bak 30 tot 40 minute tot net gestol. Verwyder uit die oond en laat afkoel. Verkoel dan in die yskas vir 4 tot 5 ure. Strooi die strooisuiker net voor bediening oor en bak onder ’n verhitte oondrooster, of gebruik ’n blaasvlam om die strooisuiker te laat karamelliseer.

Genoeg vir 4 tot 5

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.