Resep uit Trooskos
1 k (250 ml) Clover volroommelk
1 k (250 ml) Clover vars room
1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgeskraap
2 lourierblare
2 eiers
2 eiergele
¹∕³ k (75 g) suiker
¼ t (1 ml) sout
Bolaag
¼ k (50 g) strooisuiker
Metode
- Voorverhit die oond tot 160 °C.
- Verhit die melk, room, vanielje en lourierblare oor lae hitte in ’n swaarboomkastrol tot amper by kookpunt. Verwyder van die hitte en laat 1 uur afkoel.
- Klits die eiers, eiergele, suiker en sout saam in ’n groot mengbak. Klits dit met ’n draadklitser by die melkmengsel en giet die mengsel deur ’n fyn sif. Gooi die vanieljepeul en lourierblare weg.
- Giet die mengsel in 4 of 5 klein bakkies en plaas die bakkies in ’n oondpan. Vul die pan met water sodat dit tot halfpad teen die bakkies kom.
- Bak 30 tot 40 minute tot net gestol. Verwyder uit die oond en laat afkoel. Verkoel dan in die yskas vir 4 tot 5 ure. Strooi die strooisuiker net voor bediening oor en bak onder ’n verhitte oondrooster, of gebruik ’n blaasvlam om die strooisuiker te laat karamelliseer.
Genoeg vir 4 tot 5