Lewer 18 porsies
Bestanddele:
Kors
- 400 g (2 pakke) Romany Creams, fyngemaak
- 75 ml gesmelte botter
Vulsel
- 385 g (1 blik) kondensmelk
- 250 g (1 bakkie) geroomde maaskaas
- 250 ml room
- 380 g (1 blik) ingedampte melk
- 125 ml melk
- 90 g (1 pakkie) aarbeikitspoeding
- 10 ml gelatienpoeier
- 45 ml water
- 10 ml aarbeilikeur
Metode:
- KORS: Meng die fyngemaakte koekies met die botter. Druk die koekiemengsel op die bodem en kante van ʼn tertbord met ʼn 28 cm-deursnee vas.
- VULSEL: Meng die kondensmelk en maaskaas saam.
- Klits die room styf en roer by die kondensmelkmengsel.
- Meng die ingedampte melk en melk in ʼn ander mengbak. Voeg die kitspoeding by en klits vir 2 minute tot styf. Roer by die kondensmelkmengsel.
- Spons die gelatien in water en verhelder oor kookwater tot glad. Klits vinnig by kitspoedingmengsel.
- Roer die likeur by.
- Skep die vulsel in die koekiekors en plaas in die yskas tot gestol.
Variasie:
Jy kan enige ander geur kitspoeding gebruik met ʼn likeur wat daarby sal pas.
Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en maklik, Resepte uit Vrouekeur 3, Marlo Carstens
Oeeeeeeeeeeeeeeeeee!!! Yummy!!! Bring dit!!!
Njammies!! Lekker tert vir die somer.
Maroela, waar is die winterpoedings vir die koue?
Ek is mal oor n gebakte gemmerpoeding.
Ek het nog nooit met gelatien gewerk nie. Is daar iemand wat vir my kan verduidelik hoe om te maak met hierdie resep asb?