Soorte resepte:

Resep: Baklava-en-bessietertjies

Baklava-en-bessietertjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Het jy al ooit self probeer baklava maak? Probeer dié lekker resep!

Lewer 12 porsies

Bestanddele

  • ¾ k (170 g) Clover Mooi River-botter, gesmelt
  • 6 velle fillodeeg, ontdooi
  • 1 k (100 g) okkerneute of pekanneute, gekap
  • ½ k (75 g) pistasieneute, uitgedop en gekap
  • ½ k (75 g) amandels, gekap
  • ½ k (105 g) strooisuiker
  • 1 t ( 5 ml) fyn kaneel
  • ½ t (2 ml) fyn gemmer
  • 250 g vars gemengde bessies soos frambose, bloubessies of moerbeie
  • ¼ k (60 g) heuning

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Verf elke tweede holte van ’n 12-holte muffinpan met van die gesmelte botter. Elke tweede muffinholte word gebruik om te verhoed dat die deegrande aan mekaar raak.
  2. Sny die fillodeeg in 10 tot 12 cm-vierkante. Verf van die gesmelte botter oor elke deegvierkant en voer die voorbereide muffinholtes met vyf tot ses vierkante uit. Laat die deegvierkante mekaar oorvleuel sodat dit ’n deegkoppie vorm.
  3. Meng die neute, suiker, kaneel en gemmer in ’n bak. Voeg die bessies by en roer versigtig deur.
  4. Verdeel die neutmengsel tussen die deegkoppies en drup heuning bo-oor.
  5. Bak vir 20 tot 25 minute tot goudbruin en gaar. Sit dit net so of met creme fraiche of roomys voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.