Soorte resepte:

Resep: Banoffee-tert

Banoffee-tert (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie tert is soet tot in jou kiewe, maar niemand sal dit kan weerstaan nie!

Lewer 8-10 porsies

Bestanddele

SOET BROSKORSDEEG

  • 1¼ k (175 g) koekmeel
  • 2 e (30 ml) versiersuiker
  • ¼ k (85 g) Clover Mooi River-botter, verkoel en in klein blokkies gesny
  • 1 eiergeel
  • 1 e (15 ml) koue water

VULSEL

  • 1 blik (385 g) Clover-kondensmelk
  • 3 klein piesangs
  • 2 e (30 ml) suurlemoensap
  • 1¼ k (300 ml) Clover-room, styf geklits
  • 2 e (30 g) donkersjokolade, krulle of gerasper

Metode

SOET BROSKORSDEEG

  1. Meng die meel en versiersuiker in ʼn Vryf die botter met die vingerpunte by die meelmengsel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.
  2. Voeg die eiergeel en koue water by en meng tot ʼn deeg begin vorm.
  3. Vorm ʼn deegbal en bedek met kleefplastiek. Verkoel vir minstens 30 minute.
  4. Voorverhit die oond tot 200 °C en rol die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak tot 5 mm dik uit.
  5. Smeer ʼn 23 cm-tertpan en voer die bodem en kante van die pan met die deeg uit. Verkoel die deeg vir ʼn verdere 20 minute.
  6. Plaas die tertpan op ʼn bakplaat en bak blind.

VULSEL

  1. Verwyder die kondensmelkblik se etiket en maak twee klein gaatjies aan die bokant van die blik. Plaas die blik met die gaatjies na bo in ʼn Vul die kastrol met koue water tot amper aan die blik se bopunt (± 1 cm van bo af).
  2. Laat die water kook, verlaag die hitte en prut vir 3 tot 3½ uur totdat karamel bo-op die blik vorm. Dis baie belangrik om die water dieselfde vlak te hou en dus aanhoudend aan te vul. Laat die blik heeltemal afkoel voordat dit oopgemaak word.
  3. Maak die kondensmelk oop en skep dit onderin die tertdop. Vee die karamelkondensmelklaag glad.
  4. Sny die piesangs in dun skyfies en sprinkel die suurlemoensap oor sodat dit nie verbruin nie. Pak ʼn laag piesangskyfies op die kondensmelklaag. Skep die room bo-op of versier met ʼn
  5. Rond die tert met sjokoladekrulle of gerasperde sjokolade af en sit dadelik voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ZAAN ·

Groot gunsteling van ons familie, maar ons koop sommer klaar ‘n blik karamel.. Wie wil dan 3 ure wag vir poeding? ;)

Elize C ·

Ek gebruik ook altyd sommer karamel kondensmelk vir my gebak, maar boeta, dit proe darem glad nie soos die self-gekookte kondensmelk nie! Daai smaak wat mens na die 3 ure se kook kry, kan net glad nie geklop word deur enige reeds vervaardigde karamel nie. Ek het net nooit die gaatjies in die blikkie gemaak nie (ek sou dink die kondensmelk gaan alles uitkook soos wat die hitte dit uitstoot), ek het net gesorg dat die blikkie altyd so 1cm toe is onder water, die blikkie se bo-kant mag nie begin uitsteek bo die watervlak nie.

Amber ·

Ek het 50 jaar terug, kondensmelk gekook want daar was niks anders nie. Doen dit lankal nie meer nie. So gerieflik deesdae. Selfs Nestle bied nou n peppermint karamel geur in n blik!! Wag dat ek daai Banoffe tert probeer.

SNEL ·

Ek maak ook nooit n gat in n blikkie kondensmelk as ek dit kook nie. Punt is hy moet net nie droog kook nie, dan ontplof hy, maar watervlak verder maak nie saak nie. Ek kook eerder voor ek koop, verskil is in die smaak. Ek is ook seker die tert sal werk op n tenniskoekie kors wat gepak is, as om deur die moeite van so kors te gaan. Dan moet hy net in n vierkantige bak en nie n ronde een gemaak word, maar ja, as dit nie n vinnige tert is nie en mens wil uithang, dan maak mens maar jou eie kors, maar vir so vinnige tertjie vir na kerk, is n tenniskoekie kors ideaal.

Katerina ·

Dis wat ek ook gedink het. As jy wil kan jy ook Nutticrust koekies vir basis gebruik. Ek vind hulle meer smaaklik as Tenniskoekies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.