Soorte resepte:

Resep: Bokkepootjies

Bokkepootjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié resep is vir diegene wat hou van sjokolade en neute.

Bestanddele

  • 125 ml (3-4) eierwitte
  • 330 g (375 ml) suiker
  • 70 g (125 ml) koekmeelblom
  • 50 ml neute, fyn gekap
  • 1 pak (200 g) wit sjokolade
  • sjokolade-vermicelli

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160°C. Smeer bakplate liggies met margarien en bestuif dit met ʼn bietjie meel.
  2. Klits die eierwitte tot taamlik stywe punte vorm. Klits 200 g suiker geleidelik by.
  3. Meng die meel, neute en oorblywende suiker en vou dit liggies by die eierwitmengsel in.
  4. Spuit die mengsel met behulp van ʼn versiersak en ronde buispunt ʼn entjie uitmekaar in lengtes van 6 cm op die bakplate.
  5. Bak die koekies vir 12-15 minute tot droog. Laat hulle effens op die bakplate afkoel en verwyder hulle dan versigtig met ʼn
  6. Smelt die helfte van die wit sjokolade oor warm water. Plak die koekies twee-twee daarmee op mekaar vas.
  7. Smelt die res van die wit sjokolade. Doop die punte van die koekies daarin en druk dit dadelik in die sjokolade-vermicelli.
  8. Plaas die koekies op ʼn draadrak sodat die sjokolade kan stol.

Variasie

Laat die neute uit in die beslag en gebruik dit as versiering. Vervang dan ook die wit sjokolade met melksjokolade.

 

Bron: 101 Kleinkoekies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.