Soorte resepte:

Resep: Botterkaramel-brosbroodrosette

Botterkaramel-brosbroodrosette (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié ryk en geurige koekies sal behoorlik jou mond laat water.

Bestanddele

  • 250 g (280 ml) botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 110 g (125 ml) sagte bruinsuiker
  • 280 g (500 ml) koekmeelblom, gesif

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °
  2. Klop die botter, vanieljegeursel en suiker saam tot lig en romerig.
  3. Roer die meel by om ʼn sagte deeg te vorm.
  4. Skep die mengsel in ʼn spuitsak met ʼn sterpunt en spuit rosette ongeveer 3 cm uitmekaar op ʼn gesmeerde bakplaat.
  5. Bak by 180 °C vir ongeveer 12-15 minute of tot goudbruin. Laat op die bakplate afkoel.

Bron: 101 Kleinkoekies

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.