Soorte resepte:

Resep: Brosbrood

Brosbrood (Foto: Lapa-uitgewers)

Druk hierdie brosbroodhartjies uit en gee dit vir ʼn ma vir Moedersdag!

Lewer 32 koekies

Bestanddele

  • 500 g (560 ml) sagte botter
  • 265 g (300 ml) strooisuiker
  • 560 g (4 x 250 ml) koekmeelblom, gesif
  • 290 g (500 ml) mielieblom, gesif
  • strooisuiker om bo-oor te sif

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 160 °
  2. Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig.
  3. Voeg die meel en mielieblom by en meng tot deeg.
  4. Verdeel die deeg in twee stukke en plaas elke helfte afsonderlik in ʼn baie liggies gesmeerde bakplaat.
  5. Druk die deeg plaat en vorm tot ʼn sirkel van 25 cm in deursnee en ongeveer 10 mm dik.
  6. Sny elke sirkel in 16 wiggies en prik dit eweredig met ʼn vurk.
  7. Bak vir ongeveer 1 uur lank.
  8. Haal dit uit die oond en sif die strooisuiker oor.
  9. Sny die warm wiggies van mekaar los.
  10. Plaas die wiggies op draadrakke en laat heeltemal afkoel.
  11. Bewaar in ʼn lugdigte houer of draai styf toe in sellofaanpapier.

VARIASIE

Druk die deeg ongeveer 1 cm dik uit in rolkoekpanne. Sny dit in repe of vierkante.

 

Bron: 101 kleinkoekies, Nettie Cilliers

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adele ·

Punt 3. Voeg die meel en die mielieblom by en meng tot ‘n ………………?

Sune van Heerden ·

Dagsê Adele

Dit lyk of “deeg” net per ongeluk afgeval het.
Die berig is gewysig – dankie dat jy ons laat weet het!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Tania Heyns ·

Dagsê Hannah

Dankie vir jou kommentaar. Die tyd soos in die resep weergegee is korrek, die brosbrood moet inderdaad 1 uur lank bak.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.