Soorte resepte:

Resep: Gebakte pruim-en-framboospoeding

Gebakte pruim-en-framboospoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

Hierdie poeding is heerlik met vla!

6 porsies

Bestanddele

  • 500 g pruime, gehalveer en pitte verwyder
  • 125 g frambose
  • 3 e (45 ml) suiker
  • ¾ k (180 g) saggemaakte Springbok-botter
  • ½ k (100 g) ligte bruinsuiker
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel
  • 1½ k (210 g) bruismeel
  • 4 eiers
  • 3 e (45 ml) gevlokte amandels

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ʼn 23 cm- oondvaste tertbak.
  2. Meng die pruime en frambose in ʼn bak, strooi die suiker oor en meng liggies deur. Skep die vrugte in die voorbereide tertbak.
  3. Klits die botter, bruinsuiker en vanieljegeursel met ʼn elektriese menger tot lig en donsig.
  4. Sif die meel in ʼn Klits die eiers in ʼn maatbeker. Vou die meel en eiers om die beurt baie versigtig by die bottermengsel in tot net vermeng.
  5. Skep die beslag oor die vrugte en strooi die amandels bo-oor. Bak vir 30 tot 35 minute tot goudkleurig en opgepof.
  6. Sif strooisuiker bo-oor en sit met vla of room voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.