Soorte resepte:

Resep: Heuning-en-vy-sillabub

Heuning-en-vy-sillabub (Foto: Lapa-uitgewers)

Beïndruk jou gaste of gesin met hierdie mooi nagereg!

4-6 porsies

Bestanddele

  • 200 g gedroogde vye
  • ¼ k (60 ml) Clover Krush- mangosap
  • 3 e ( 45 ml) heuning
  • ¼ k (60 ml) soet dessertwyn
  • 2 t (10 ml) fyngerasperde suurlemoenskil
  • 1 e (15 ml) vars suurlemoensap
  • 1 ¼ k (300 ml) Clover-room

Metode

  1. Hou een vy as versiering en kap die res van die vye op. Plaas die vye in ʼn klein kastrolletjie, voeg die mangosap by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir 5 tot 6 minute prut of tot die vye sag is.
  2. Laat die vye afkoel en maak die mengsel in ʼn voedselverwerker fyn. Hou eenkant.
  3. Meng die heuning, wyn, suurlemoenskil en -sap in ʼn maatbeker.
  4. Klits die room in ʼn aparte bak tot dit net begin styf word. Voeg die wynmengsel geleidelik by en hou aan klits tot sagte punte vorm.
  5. Vou die vyemengsel baie versigtig by die room in. Skep in wyn- of martini-glase en sit dadelik met skyfies vy en vingerbeskuitjies (soos Boudoir) voor.

Bron: Gunsteling Poedings

Uitgewer: Lapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lenie ·

Dit lyk sowaar heerlik en eksoties! Nou moet ek tog ‘n vy in die hande kry. Het 10 jaar laas ‘n vy gesien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.