Soorte resepte:

[Resep] Kaneelrolletjies

Foto: buzzfeed.com

Kaneelrolletjies. Foto: buzzfeed.com

Dié kaneelrolletjies is so smullekker, jy kan sommer jou boetie vir ʼn bak daarvan verkoop.

Lewer 14 rolletjies

Bestanddele:

Deeg

  • 2 k warm melk
  • ½ k gesmelte botter
  • ½ k suiker
  • 1 pakkie aktiewe droë gis
  • 4 k koekmeel
  • 1 e bakpoeier
  • 2 e sout
  • ¾ k koekmeel

Vulsel

  • ¾ k sagte botter
  • ¾ k bruinsuiker
  • 2 e kaneel

Versiersel

  • 120 ml sagte roomkaas
  • 2 e gesmelte botter
  • 1 t vanieljegeursel
  • 2 e volroommelk
  • 1 k versiersuiker

Metode:

Deeg

  1. Smeer twee bakke (foelie- of koekbakke) goed met botter.
  2. Meng die melk, botter en suiker saam en meng goed in ʼn groot mengbak.
  3. Strooi die gis oor die mengsel en laat staan vir 1 minuut (moet nog nie meng nie).
  4. Voeg die 4 k koekmeel saam en meng goed.
  5. Maak die bak met ʼn vadoek toe en laat staan vir 1 uur.
  6. Stel jou oond op 180 °C.
  7. Ná ʼn uur het die deeg nou goed gerys. Voeg nou die bakpoeier, sout en ¾ k koekmeel by en meng goed.
  8. Haal die mengsel uit die bak en plaas dit op ʼn meelbestrooide oppervlak.
  9. Bewerk die mengsel liggies met jou hande, voeg meel soos nodig by, tot die deeg nie meer aan die oppervlak plak nie.
  10. Rol die deeg uit in ʼn reghoekige vorm met ʼn koekroller – ongeveer 2,5 cm dik.

Vulsel

  1. Smeer die ¾ k sagte botter oor die hele oppervlak van die uitgerolde deeg.
  2. Strooi die bruinsuiker oor die hele oppervlak van die deeg.
  3. Strooi die kaneel oor die hele oppervlak van die deeg.

Bakproses

  1. Rol nou die deeg in sy lengte op sodat jy een lang rol het. Maak seker die kante van die rol word mooi ingesteek.
  2. Plaas die voukant na onder en sny die rol in die middel deur. Sny nou die twee dele in ongeveer 3,5 cm-snye. Daar moet veertien kaneelrolletjies wees.
  3. Plaas die kaneelrolletjies in die twee panne. Plaas een in die middel en pak die ander ses mooi stewig om die middelste een vas.
  4. Plaas kleefplastiek oor die pan en laat staan vir 30 minute in ʼn warm vertrek.
  5. Bak die rolletjies vir 25 – 30 minute tot goudbruin.

Versiersel

  1. Maak die versiersel aan terwyl die kaneelrolletjies bak.
  2. Meng die roomkaas, botter, vanieljegeursel, melk en versiersuiker saam tot glad.
  3. Haal die kaneelrolletjies uit die oond en giet die versiersel oor die rolletjies terwyl dit nog warm is.

* Kyk na die video om te sien hoe dit gedoen word!
 

Homemade Cinnamon Rolls with TODAY Food FULL RECIPE: http://bzfd.it/2mHH3p8

Posted by Tasty on Thursday, March 9, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bambi ·

Ja wat, as jy nog nie suikersiekte het en jou knieë nog nie ingegee het van al die ekstra gewig wat hulle moet dra nie: hier is jou kans nou.

A P ·

As ek daardie bak kaneelbolletjies voor my kleinkind sit slaap hy vir ‘n week lank tussen sy ouers ha,ha……sien julle die spookgesiggies die boonste bolletjie en onderste een, maar in elk geval dit lyk heerlik maar nie vir die diabete nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.