Soorte resepte:

Resep: Koeksisters

Koeksisters (Foto: Lapa-uitgewers)

Wat is dan lekkerder as ʼn stroperige koeksister?

Maak ongeveer 36 koeksisters

Bestanddele

STROOP

  • 2,5 kg suiker
  • 1,750 liter (7 k) water
  • 5 ml (1 t) kremetart (cream of tartar)
  • 5 ml (1 t) wynsteensuur (tartaric acid)

DEEG

  • 750 ml (3 k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • knippie sout
  • 25 ml (5 t) CLOVER Farmstyle-botter
  • 2 eiers
  • 125 ml (½ k) CLOVER-volroommelk
  • 125 ml (½ k) water
  • 1 liter olie vir diepvetbraai

Metode

STROOP

  1. Gooi die suiker en water saam in ’n groot genoeg kastrol. Verhit oor mediumhitte tot die suiker opgelos is. Roer gereeld.
  2. Wanneer die suiker heeltemal opgelos is en goed warm is, kan die kremetart en wynsteen­ suur bygeroer word.
  3. Laat kook die stroop vir 7 minute. Roer af en toe.
  4. Haal die kastrol van die stoofplaat af en laat oornag afkoel.

DEEG

  1. Roer die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak.
  2. Vryf die botter by die meel in totdat dit soos broodkrummels lyk.
  3. Klits die eiers, melk en water saam tot goed gemeng.
  4. Roer die melkmengsel by die meelmengsel tot ’n deeg vorm; dit kan nodig wees om bietjie water by die deeg te voeg.
  5. Sprinkel ekstra meel op ’n werksoppervlak en knie die deeg vir 10 minute.
  6. Bedek die deeg met kleefplastiek en laat rus vir 3 ure.
  7. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot 5 mm dik.
  8. Sny die deeg in 5 mm dik stroke. Sny die stroke deeg 8 cm lank
  9. Vou die deegstroke in die helfte en druk die punte bymekaar. Draai die deegstrook sodat dit soos ’n vlegsel lyk.
  10. Verhit genoeg olie in ’n swaarboomkastrol tot goed warm.
  11. Braai die koeksisters tot goudbruin in die olie.
  12. Haal die koeksisters uit en plaas net vinnig op kombuispapier om van die oortollige olie te absorbeer.
  13. Doop die koeksisters in die stroop terwyl die koeksisters nog warm is.
  14. Haal die koeksisters uit en plaas op ’n afkoelrakkie sodat die oortollige stroop kan afdrup.
  15. Bêre die koeksisters in ʼn lugdigte houer wanneer dit goed afgekoel het.

Bron: Onthoukos

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.