Soorte resepte:

Resep: Ma se melkkos

Ma se melkkos (Foto: Lapa-uitgewers)

Geniet hierdie goue oue!

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 300 g (600 ml) koekmeel
  • 5 ml sout
  • 100 ml water
  • 1 liter melk
  • 750 ml water
  • 115 g (125 ml) botter of margarien
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 10 ml fyn kaneel

Metode:

  1. Meng die koekmeel en sout saam.
  2. Sprinkel die 100 ml water bietjie vir bietjie oor die meelmengsel terwyl dit met die vingers gevryf word, tot fyn en krummelrig.
  3. Kook die melk, 750 ml water en botter of margarien saam in ’n kastrol. Verlaag die hitte sodra dit kook en roer die meelmengsel by. Hou aan met roer totdat die mengsel verdik.
  4. Laat die melkkos stadig prut vir ± 5 minute. Roer af en toe sodat dit nie aanbrand nie.
  5. Skep die melkkos in bakkies en sit warm voor met kaneelsuiker.

Bron: Smul sonder sukkel, Olga Wall

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SNEL ·

Nee watse gewater is dit, vervang die water met melk, dis immers melkkos en met net melk, sommer nog lekkeder e romeriger.

Flemming ·

En jy vryf die meelmengsel g’n met water nie, dit is waarvoor die botter of margarien daar is, om “vrummels” te maak.
Dan kan jy ook ‘n deeg uitrol en in repe sny soos pasta om dan te kook in skoon melk. Weer g’n water nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.